Nuus 18:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 8 Oktober 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# BOSA versoek duidelikheid oor ‘n Lotto-tender van 180-miljard-rand te midde van korrupsiebewerings
# Cosatu ondersteun die hernoeming van Sandtonrylaan na Leila Khaled in solidariteit met Palestina
# En, sokker: Thalente Mbatha en Jayden Adams is uitgelaat uit Bafana se groep
# Build One South Africa eis deursigtigheid met die Nasionale Lotery se tenderproses van 180-miljoen-rand. Hulle het weens kommer oor korrupsie ‘n aansoek ingedien ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting om die identiteite bekend te maak van diegene wat die tender evalueer. Bewerings sluit in ʼn belangebotsing van voormalige werknemers van die bodmaatskappye en twyfelagtige besluite deur die Nasionale Loteryekommissie. BOSA se onderleier, Nobuntu Hlazo-Webster, sê skuldiges moet aanspreeklik gehou word, en gemeenskappe wat op befondsing staatmaak moet beskerm word:
# Cosatu verwelkom die Stad Johannesburg se besluit om Sandtonrylaan na die Palestynse politikus, Leila Khaled, te hernoem as ‘n gebaar van solidariteit met die Palestynse mense. Cosatu se adjunk internasionale sekretaris, Noxolo Bhengu, het die stadsraad geprys oor hierdie stap en dit erken as ‘n huldeblyk aan diegene wat bygedra het tot die stryd teen apartheid en ‘n simbool van die gedeelde stryd teen kolonialisme:
# Die verdagte in die Madeleine McCann-saak is vrygespreek van ‘n rits seksuele aanvalle in Portugal, wat nie met die vermiste Britse kleuter verband hou nie. Christian B, soos hy volgens privaatheidswetgewing bekend staan, ontken drie verkragtings en die seksuele mishandeling van twee jong meisies terwyl hy aan die Algarve-kus gewoon het. Hy is reeds minstens sewe jaar lank die hoofverdagte in Madeleine se verdwyning, maar is nie aangekla nie. Hy dien tans gevangenisstraf van sewe jaar uit vir die verkragting van ‘n Amerikaanse vrou in Portugal.
# Sokker: Bafana Bafana se afrigter, Hugo Broos, het bevestig Thalente Mbatha en Jayden Adams is uitgelaat uit die groep wat Vrydag in Gqeberha teen Kongo-Brazzaville speel in ʼn kwalifiserende wedstryd vir volgende jaar se Afrikabekertoernooi. Broos verduidelik Mbatha is onttrek nadat skanderings ʼn kniebesering bevestig het na die MTN8-eindstryd in Durban. Adams het in dieselfde wedstryd gespeel en is weens swak dissipline onttrek. Mbatha en Adams word vervang deur Bathusi Aubaas and Sinoxolo Kwayiba.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-54-sent teen die dollar, 19-rand-26-sent teen die euro en 22-rand-98-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-505-dollar-80-sent. Die prys van goud is twee-duisend-634-dollar-61-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 77-dollar-64-sent per vat.
# En ten slotte: Sewe personeellede van die Universiteit van Johannesburg het erkenning ontvang as onder die wêreld se top twee-persent van wetenskaplikes vir 2024. Dit is volgens ‘n lys wat deur die Elsevier- en Stanford Universiteite saamgestel is met die gebruik van Scopus-data. Die vooraanstaande UJ-navorsers sluit onder andere professore Samuel Oluwatobi Oluwafemi, Reinout Meijboom en Philiswa Nomngongo in. Hierdie eer weerspieël wêreldwye erkenning vir navorsingsuitnemendheid en verhoog die wetenskaplikes se akademiese reputasie. Die erkenning kan lei tot meer befondsing en samewerkingsgeleenthede.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….