Nuus 11:00
BULLETIN 6 Oktober 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die MK-party is teleurgesteld oor die Hooggeregshof-uitspraak oor Hlope
# Uitspraak is voorbehou in die bedrogbeskuldigde Thoshan Panday se borgtogappèl
# En, Zoalize Jansen van Rensburg is gekroon as 2024 Mej Wêreld Suid-Afrika
# Die MK-party is teleurgesteld nadat die Hooggeregshof in Johannesburg sy dringende aansoek verwerp het vir die uitstel van dié week se Regterlike Dienskommissie-onderhoude. Woordvoerder Nhlamulo Ndhlela kritiseer die besluit om voort te gaan en waarsku oor toekomstige regsoptrede en omstredenheid oor die aanstelling van regters. Hy sê die party sal volledig reageer na regs- en politieke beraadslagings:
# Die Hooggeregshof in Durban het uitspraak voorbehou in die borgtogappèl van Thoshan Panday, met ‘n besluit wat Maandag verwag word. Panday se 7,3-miljoen-rand belastingbedrogsaak is na die Hooggeregshof oorgedra vir 24 Oktober. Die woordvoerder van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie Henry Mamothame sê ‘n transkripsie oor amptenare van die Westville-gevangenis sal aan die nasionale kommissaris van Korrektiewe Dienste gestuur word vir ondersoek:
# Die Israelse weermag sê hy het oornag wat hy noem “wapenopslagplekke” en “terroriste-infrastruktuurpersele” van Hizbollah getref. Hy sê stappe is gedoen om burgerlike sterfgevalle te beperk, ondermeer waarskuwings aan inwoners van die gebied. In sentraal-Gaza is minstens vyf mense gedood en 20 gewond in ‘n Israelse lugaanval op ‘n moskee in Deir al-Balah. Die moskee het ontwortelde mense gehuisves en die dodetal sal na verwagting styg. Intussen het die eerste minister Benjamin Netanyahu gesê Israel sal nie Iran se missielaanvalle aanvaar nie.
# Motorsport: Die Italianer Francesco Bagnaia het die Japanse MotoGP-snelren gewen nadat die nuweling Pedro Acosta gebots het terwyl hy voorgeloop het. Bagnaia is nou net 15 punte agter die Spaanse kampioenskapsvoorloper Jorge Martin. Enea Bastianini was tweede met Marc Marquez, derde. Martin, wat elfde weggespring het, was vierde en het sy voorsprong op die oorhoofse punteleer behou. Brad Binder van Suid-Afrika, wat in Vrydag se oefenronde die vinnigste was, kon weens ‘n tegniese probleem nie die snelren voltooi nie.
# En, Zoalize Jansen van Rensburg is gisteraand in die Sun City Superbowl gekroon as 2024 Mej Wêreld Suid-Afrika. Die 18-jarige van Pretoria se eerste prinses is Romanda Hombi met Nande Mabala as tweede prinses. Van Rensburg se projek, Nooit te Jonk om Voorspraak te Maak Nie, is ‘n digitale platform gefokus op die skep van wêreldwye sigbaarheid sowel as hoorbaarheid vir die jeug. Die platform wil jeugstemme deur middel van sosiale media hoorbaar maak. Die nuwe skoonheidskoningin hoop om die Mej Wêreldkroon na Suid-Afrika terug te bring.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….