Nuus 16:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 2 Oktober 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die varkplaas-moordverdagtes se borgtog-verhoor word uitgestel
# Die Outomobiel-Assosiasie is gekant teen ‘n uitbreiding van die Gautrein en sê dis ‘n finansiële treinwrak
# En, rugby: Nieu-Seeland is woedend oor Frankryk se besluit om ‘n verswakte span te stuur op volgende jaar se toer
# Die borgtog-verhoor van drie mans wat daarvan aangekla word dat hulle twee vroue op ‘n plaas in Limpopo vermoor en hulle liggame vir varke gevoer het, is tot 6 November uitgestel. Die boer, Zachariah Olivier, die plaasbestuurder, Adriaan de Wet, en ‘n werker, William Musora, het vanoggend in die Streekhof in Polokwane verskyn vir die moord op Mariah Makgato and Lucia Ndlovu. Die borgtog-aansoeke is vertraag weens ‘n Hooggeregshof-beslissing oor toegang tot die dossier. Die saak is na die Mankweng-landdroshof terugverwys.
# De Outomobiel-Assosiasie kritiseer planne om die Gautrein uit te brei en beskryf dit as verkwistende besteding. Die AA voer aan die belegging van 120-miljard-rand, gesteun deur premier Panyaza Lesufi, gaan slegs ‘n klein minderheid bevoordeel terwyl die meeste inwoners in Gauteng nie toegang het tot bekostigbare vervoer nie. Die organisasie is ook bekommerd oor ‘n beskermingswaarborg wat die Gautrein-operateurs vergoed vir lae passasiersgetalle, en belastingbetalers miljarde rand kos.
# Die Black Business Council versoek die insluiting van swart ondernemings en ondernemings in vrouebesit in die tweede fase van die vennootskap tussen die regering en die sakesektor wat president Cyril Ramaphosa bekendgestel het. Ten spyte van vordering op terreine soos energie, vervoer en vermindering van misdaad, glo Kganki Matabani van die raad, meer diverse ondernemings moet voorrang geniet vir ekonomiese groei en werkskepping:
# Die Stad Tshwane doen ‘n beroep op inwoners en ondernemings om waterverbruik te verminder om leë reservoirs en watertekorte te voorkom. Die waterverbruik is tans 18-persent oor die stad se perk, en die metro het te kampe met ‘n skerp afname in reservoir-vermoë. Die woordvoerder, Selby Bokaba, sê vlak 1-waterbeperkings bly van krag, en strenger beperkings kan volg indien verbruikers se gewoontes nie verbeter nie:
# Rugby: Nieu-Seelandse beamptes is glo woedend oor Frankryk se besluit om volgende jaar ʼn verswakte span na die land te stuur. Die Franse Rugbyfederasie en die land se Nasionale Rugbyliga het besluit lede van die spanne wat die eindstryd van die Top 14 haal sal nie oorweeg word nie. Nieu-Seeland glo dit sal die reeks van drie toetse afwater, asook die geleentheid om die stryd tussen twee van die vier topspanne in die wêreld te bemark. Frankryk skryf die besluit toe aan die voorbereidingsiklus vir 2027 se Wêreldbekertoernooi.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-39-sent teen die dollar, 19-rand-25-sent teen die euro en 23-rand-11-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 60-duisend-931-dollar-39-sent. Die prys van goud is twee-duisend-646-dollar-76-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 75-dollar-61-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….