Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 2 Oktober 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die adjunkminister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Bernice Swarts, moedig sakeleiers aan om daadwerklike maatreëls te tref om besoedeling te verminder en hulle koolstof-uitlating asook afval te verminder. Afrika, wat die meeste van die wêreld se arm inwoners huisves, gaan slegs ses-persent van sy volhoubare ontwikkelingsteikens haal. Swarts het die jaarlikse Afrika Omgewings- Maatskaplike en Bestuurskonferensie toegespreek. Sy vra sakeleiers om omgewings-, maatskaplike en bestuursbeginsels by hulle strategieë in te sluit ten einde vordering te maak vir ‘n veekragtige en gelykwaardig toekoms.
# Die Departement van Water en Sanitasie sal hierdie week die Vaalrivier Anti-Besoedelingsforum van stapel stuur om die voortdurende besoedelingskwessies aan te pak. Die forum sal pogings koördineer om die rivier se watergehalte te verbeter. Adjunkminister Sello Seitlholo het beklemtoon besoedelaars sal aanspreeklik gehou word, met ‘n Nasionale Besoedelaarsregister om oortreders op te spoor. Hierdie projek het ten doel om die noodsaaklike waterhulpbron te beskerm vir toekomstige geslagte.
# En ten slotte: Navorsing toon privaat maatskappye gebruik Amerikaanse werkers in die openbare sektor se aftreegeld om fossielbrandstof-projekte te befonds. Navorsers van Americans for Financial Reform Education Fund, die Global Energy Monitor, en die Private Equity Stakeholder Project het bevind 21 maatskappye befonds projekte wat jaarliks meer as 1,17-miljard ton koolstofdioksied vrystel. Die grootste sondaar was die Amerikaanse beleggingsfirma, EIG, wat 23 fossielbrandstof-maatskappye in sy portefeulje het. Hulle stel na raming meer as 255-miljoen metrieke ton koolstofdioksied per jaar vry.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….