Nuus 15:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 1 October 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA onthul die Openbare Beskermer gee Korrektiewe Dienste die skuld vir Thabo Bester se ontsnapping
# Die Arbeidsdepartement is verbind tot die handhawing van voldoening en etiese indiensnemingspraktyke
# En, sokker: Frankie de Jong weer in aksie vir Barcelona in die Kampioeneliga
# Die DA vra hervormings om openbare veiligheid te verseker en die regstelsel te handhaaf. Dit volg na ‘n verslag deur die Openbare Beskermer wat die Departement van Korrektiewe Dienste die skuld gee vir sy hantering van die ontsnapping van die veroordeelde verkragter en moordenaar, Thabo Bester, uit die Mangaung Korrektiewe Sentrum in die Vrystaat. Woordvoerder Janho Engelbrecht sê die verslag onthul die departement het die skuld onbehoorlik oorgedra aan die privaat kontrakteur, G4S, sonder om ʼn behoorlike interne ondersoek uit te voer:
# Die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth, het haar departement se verbintenis tot die handhawing van voldoening en etiese indiensnemingspraktyke uiteengesit. Sy het op ‘n nuuskonferensie tevredenheid uitgespreek met die uitslae van die landwye blitsinspeksies wat verlede maand begin het. Die projek het eetplekke gebruik om te verseker hulle voldoen aan arbeidswette, soos die minimum loon en beroepsveiligheid. Meth het die volle samewerking van alle werkgewers aangemoedig om volgehoue uitdagings aan te pak:
# Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing het 217 brandbeskermingsverenigings geregistreer om onbeheerbare brande pro-aktief te bestuur. Sommige dele in die land is hoë-risiko brandgebiede met meer as 90-persent ʼn boslandskap. Adjunkminister Bernice Swarts sê een van die grootste bedreigings vir natuurlike plantegroei en waardevolle lewens is onbeheerde veld- en bosbrande. Sy sê die departement plaas die verenigings in ooreenstemming met munisipale grense sodat hulpbronne beter bestuur kan word.
# Sokker: Barcelona se hulpafrigter, Hansi Flick, is ingenome die middelveldspeler, Frenkie de Jong, is terug na ʼn besering en weer beskikbaar voor vandag se Kampioeneligawedstryd teen Young Boys. Die Nederlandse internasionale speler sal in die groep opgeneem word om teen die Switserse kampioen te speel en volgens Flick is hy gereed vir ʼn kort rukkie op die veld nadat hy sedert April nog nie gespeel het nie. De Jong was sedertdien nie beskikbaar nie weens ʼn enkelbesering en het hierdie seisoen die Europese Kampioenskap misgeloop.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-28-sent teen die dollar, 19-rand-17-sent teen die euro en 23-rand-4-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 63-duisend-874-dollar-98-sent. Die prys van goud is twee-duisend-651-dollar-27-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 71-dollar-26-sent per vat.
# En ten slotte: Coldplay-aanhangers wat gretig gewag het op die groep se terugkeer na Indië, was geskok om uit te vind kaartjies het binne minute uitverkoop, maar is daarna aanlyn herverkoop teen tot 190-duisend-rand. Indië se huidige bruto binnelandse produk per capita is net meer as 43-duisend-rand per jaar. Die Britse rockgroep bied in Januarie drie vertonings aan in Mumbai, hul eerste optrede daar sedert 2016. Die polisie ondervra tans die onderneming wat die kaartjies verkoop. Die Britse rockgroep Oasis se reünie-toer het ook erge kritiek ontlok oor sogenaamde dinamiese kaartjiepryse.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….