Nuus 09:00
BULLETIN 1 Oktober 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa stuur fase twee van die Sake- en Regeringsvennootskap van stapel
# Alles word in die stryd gewerp om die Lusikisiki-massamoordenaars op te spoor
# En die ver-regse Franse leier verskyn in die hof oor die misbruik van fondse
# President Cyril Ramaphosa gaan vanaand fase twee van die Sake- en Regeringsvennootskap in Sandton, Gauteng, van stapel stuur. Die vennootskap is gestig om vooruitgang in energie, vervoer en logistiek te bewerkstellig, en misdaad en korrupsie te bestry wat ekonomiese groei en werkskepping toelaat. Die eerste fase van die vennootskap, wat verlede jaar begin het, het drie top kwessies, energie, misdaad en logistiek, uitgewys as noodsaaklik om die ekonomie reg te ruk. Die presidensie sê Ramaphosa sal terugvoering gee oor vordering tot nou en die wenslys vir die jaar vorentoe.
# Adjunkpresident Paul Mashatile sê die regering van nasionale eenheid se strategiese voorkeure is om volhoubare ekonomiese groei te bereik, armoede te verlig en ‘n etiese, bevoegde ontwikkelingstaat te ontwikkel. Hy is tans op ʼn werksbesoek aan die Verenigde Koninkryk wat een van Suid-Afrika se belangrikste bilaterale vennote is, veral wat handel, belegging, toerisme en Billike Energie-oordrag betref. Mashatile het aan Bloomberg gesê die regering van nasionale eenheid wil ʼn gunstige beleggingsomgewing skep:
# Die Oos-Kaapse regering sê die polisie werk onverpoosd om die verdagtes vas te trek wat die naweek 18 mense in die Ngobozana-dorpie in Lusikisiki in die Oos-Kaap vermoor het. Premier Oscar Mabuyane besoek vandag die slagoffers se families. Die regering se woordvoerder, Khuselwa Rantjie, sê die premier het beloof die grusame misdaad sal nie ongestraf bly nie:
# Die verhoor van Frankryk se verregse National Rally-leier, Marine Le Pen, en 24 senior leiers in die party het gister begin. Hulle het glo geld van die Europese parlement verduister met vals poste. Die stelsel van vals poste is vir die eerste keer in 2015 opgemerk en het kontrakte vir parlementêre assistente tussen 2004 en 2016 ingesluit. Le Pen ontken sy het enigiets verkeerd gedoen. As sy skuldig bevind word, kan die vonnis tronkstraf insluit, maar ook ‘n verbod van tien jaar uit openbare ampte , wat haar hoop om Emmanuel Macron as president in die 2027-verkiesing uit die kussings te lug, sal vernietig.
# Sokker: Mikel Arteta sê Arsenal se dramatiese oorwinning in die doodsnikke teen Leicester sal die karakter van die span bou terwyl hulle voorberei vir vandag se Kampioeneliga-wedstryd teen Paris Saint-Germain. Die Gunners se twee doele in beseringstyd Saterdag het hulle 4-2 laat seëvier en hulle is na die naweek derde in die Premierliga, een punt agter die voorlopers, Liverpool. Arsenal is vandag gashere by die Emirates vir die Franse kampioene, PSG, in ‘n ligafase-wedstryd in die Kampioeneliga en hoop op hulle eerste oorwinning in die kompetisie hierdie seisoen. Daar was geen doele in die gelykop-uitslag teen Atalanta nie.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-27-sent teen die dollar, 19-rand-24-sent teen die euro en 23-rand-10-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 63-duisend-797-dollar-75-sent. Die prys van goud is twee-duisend-638-dollar-99-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 71-dollar-77-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….