Oggendkoerant-verslag
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 01 Oktober 2024:
NASIONAAL:
# Business Day:
Berig adjunkpresident Paul Mashatile is in Londen om hom te beywer vir Britse beleggings in Suid-Afrika se hernubare energie- en mineraalveredelingsektore. Hy lei ‘n afvaardiging van ministers by die Britse regering se London Investment Week.
GAUTENG:
# Beeld:
Berig oor brande in Pretoria en Limpopo wat woonhuise en lewens verwoes het. Daar het verskeie brande in Pretoria uitgebreek wat woonhuise in puin gelê en dierelewens geëis het.
Daar is ook ‘n berig oor ‘n egpaar van Modimolle wat op hul plaas deur vlamme vasgekeer was.
# The Star & Pretoria News:
Berig die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het in duie gestort met ‘n oorbesteding op die begroting van 3,3-miljard-rand.
En skryf die Gautengse premier, Panyaza Lesufi sê die federale voorsitter van die DA, Helen Zille moet vrede maak met wat gebeur het.
# Sowetan:
Berig die rolprentvervaardiger, Ka Ndlovu sal vandag in die hof verskyn vir onverklaarde persoonlike inkomste en korporatiewe belasting wat met sy maatskappy verband hou.
# En The Citizen:
Skryf oor die rol van klein partytjies soos Herman Mashaba se ActionSA om regerings op plaaslike vlak te beïnvloed.
VRYSTAAT:
# Volksblad in Bloemfontein:
Berig die gemeenskap van Kuruman is omgekrap omdat twee van die vier verdagtes wat in die hof verskyn het vir die moord op die 81-jarige Hendrik Venter weens ‘n gebrek aan bewyse vrygelaat is.
En tweedens skryf die koerant die langafstandatleet, Charmaine van der Walt wat in die Oos-Kaap verkluim het nadat sy haar baadjie uitgeleen het, word vergelyk met die verhaal van Racheltjie de Beer.
WES-KAAP:
# Die Burger:
Berig ‘n selfoonnommer wat per abuis aan die lig gekom het in die ontvoeringsvideo wat aan die polisie gestuur is deur die ontvoerders van Alize van der Merwe, het tot haar en nog ‘n vrou se vrylating gelei.
Dan skryf die koerant die Namibiese maatskappy, Namib Mills het kitspap aan die Oos-Kaapse mark onttrek nadat twee kinders dood is.
En laastens is daar ‘n berig oor ‘n dieretuinopsigter in Nigerië wat deur ‘n leeu doodgebyt is nadat hy nie die hekke van ‘n hok behoorlik gesluit het nie.
# En Cape Times:
Skryf ook oor die weermag.
En berig die polisie is op die spoor van die Lusikisiki-moordenaars wat 18 mense afgemaai het.
OOS-KAAP:
# The Herald in Gqeberha:
Berig die aantal kinders in die Oos-Kaap wat aan wanvoeding ly, het glo oor die afgelope paar jaar verdubbel.
En skryf ‘n kleuter van Algoapark se familie is verheug nadat hulle nuus ontvang het dat Keanu Glass in die Rooi Kruis-kinderhospitaal in Kaapstad opgeneem gaan word.
KWAZULU-NATAL:
# Daily News in Durban:
Skryf die waterkrisis in eThekwini is die gevolg van swak bestuur en deur menslike toedoen.
En ten slotte uit NAMIBIË:
# Republikein in Windhoek:
Berig die Bank of Namibia se sentrum vir finansiële intelligensie sê niewinsgewende organisasies, insluitend geloofsorganisasies moet aan die vereistes van die wet op finansiële inligting voldoen.
En tweedens skryf die koerant die hofaansoek teen die verwydering van die Rooilyn sal volgende jaar van 21 tot 31 Januarie aangehoor word.