Nuus 15:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 30 September 3 vm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Ramaphosa beloof geregtigheid vir die slagoffers van die Lusikisiki-massaskietery
# Minister Ramokgopa sê die regering gaan hernubare energie beliggaam
# En, motorsport: Lewis Hamilton sê dit gaan goed met hom en sy span, nadat hy die Singapoerse Grand Prix se strategie kritiseer
# President Cyril Ramaphosa sê geregtigheid sal geskied ná Vrydag se massaskietery in Lusikisiki in die Oos-Kaap wat die lewens van 18 mense, meestal vroue, geëis het. Hulle het voorberei om ‘n grafsteen-onthulling by te woon vir twee familielede wat verlede jaar vermoor is. Ramaphosa het sy meegevoel met die slagoffers se families betuig en die versekering gegee spesialisspeurders en forensiese kundiges van die polisie is ontplooi om ondersoek in te stel. Hy vra die gemeenskap om die polisie by te staan om te verseker die oortreders word gestraf.
# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê die regering gaan hernubare energie beliggaam terwyl die land in hierdie soort energie belê. Hy was vandag die hoofspreker op die ministeriële seminaar oor hernubare energie in Midrand, Gauteng, en het ‘n omvattende hersiening van die verkrygingsprosedures van onafhanklike kragverskaffers uiteengesit. Volgens Ramokgopa is die seminaar daarop gemik om voort te bou op die aansienlike prestasies en suksesse van die program:
# Die Activists and Citizens Forum sê die Regterlike Dienskommissie mag nie verpolitiseer word nie. Woordvoerder Dennis Bloem sê politiek het geen plek op die regbank nie en die instelling moet te alle tye onafhanklik wees. Hy vra dringende parlementêre hersiening van die wet wat parlementslede toelaat om op die kommissie te dien. Bloem sê die ongelukkige John Hlophe-situasie kon vermy gewees het indien daar nie so ‘n wet was nie:
# Motorsport: Die sewemalige Formule Een-kampioen, Lewis Hamilton, sê alles is in die haak tussen hom en die Mercedes-span nadat hy hul strategie gekritiseer het in verlede naweek se Singapoerse Grand Prix het. Die 39-jarige het in die derde plek weggespring, maar sesde klaargemaak. Hy was gefrustreerd omdat die span hom met sagte bande laat te begin het terwyl hy eerder medium wou gebruik. Tegniese direkteur James Allison het later die fout erken. Hamilton het op sosiale media gesê alles is reg in die span en hulle sal mekaar altyd ondersteun.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-17-sent teen die dollar, 19-rand-22-sent teen die euro en 23-rand-3-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 63-duisend-640-dollar-33-sent. Die prys van goud is twee-duisend-639-dollar-2-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 71-dollar-32-sent per vat.
# En ten slotte: Die Suid-Afrikaanse Bergongelukke-databasis onthul meer as vier-duisend-272 voorvalle het sedert 1980 in die Wes-Kaapse berge voorgekom. In 2024 was daar reeds 172 voorvalle wat sterftes, beserings, uitputting en gebreekte toerusting insluit. Die berge sluit in Leeukop en die Groot Drakenstein- en die Du Toit-reeks. ‘n Twintigjarige Amerikaanse student is onlangs dood tydens ‘n staptog op Duiwelspiek in Kaapstad. Die kenner van Wildernis Soek en Redding, Anwaaz Bent, moedig mense aan om die gratis @SafetyMountain-navolgingstelsel te gebruik, wat stappers en fietsryers op WhatsApp volg.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….