Nuus 14:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 30 September 2 vm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Aansienlike petrol- en dieselprysverlagings word vir Woensdag aangekondig
# Minister Schreiber stel ‘n vyfjaar-visie vir ‘n digitale Binnelandse Sake bekend
# En, sokker: Die minister van Sport vra die instelling van die videoskeidsregter in Suid-Afrika
# Brandstofpryse gaan Woensdag aansienlik daal. Die prys van 95-oktaan loodvrye petrol gaan met 1-rand-14 sent per liter daal, en 93 oktaan met 1-rand-6 sent. Dieselpryse sal met sowat 1-rand-14 sent per liter daal en lampoliepryse met 1-rand-11 sent per liter. Die prys van vloeibare petroleumgas sal egter met 23-sent per kilogram styg. Die verlagings beteken brandstofkoste word dieselfde as voor Rusland se inval in Oekraïne. Dit is te dankie aan dalende Brent-ruoliepryse en ‘n sterker rand.
# Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, het ‘n vyfjaarstrategie bekendgestel, bekend as “Binnelandse Sake by die Huis”, wat die dienste van die departement teen 2029 sal digitaliseer. Dit is daarop gemik om landsburgers in staat te stel om aanlyn toegang te kry tot dienste soos ID- en paspoortaansoeke, wat die noodsaaklikheid uitskakel om persoonlik besoek af te lê en doeltreffendheid en sekerheid verbeter. Schreiber benadruk dat digitale oorgang die sleutel is tot ekonomiese groei en gebruikersvriendelike dienste:
Business Leadership South Africa sê intussen die regering van nasionale eenheid het ʼn gevoel van optimisme geskep dat betekenisvolle ekonomiese hervorming moontlik is. Dis vandag 100 dae sedert die koalisieregering gevestig is. BLSA se uitvoerende hoof, Busiswe Mavuso, sê uit ʼn sake-oogpunt maak die vinnige verbeterings in die Departement van Binnelandse Sake die grootste verskil. Sy sê dit sal groot skade veroorsaak indien die regering van nasionale eenheid misluk omdat dit die vertroue sal omkeer wat besig is om gevestig te word.
# Sokker: Die minister van Sport, Gayton McKenzie, het ‘n beroep gedoen vir die instelling van video skeidsregter-tegnologie in Suid-Afrikaanse wedstryde. Hy het op Facebook die noodsaaklikheid van die tegnologie beklemtoon om skeidsregters by te staan deur besluite met behulp van videomateriaal te hersien en leiding te gee. McKenzie beplan om dié week vergaderings met die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging en die Suid-Afrikaanse Premierskap te hou om die bekendstelling van die tegnologie in ligas te bespreek.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-17-sent teen die dollar, 19-rand-21-sent teen die euro en 23-rand-1-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 63-duisend-491-dollar-52-sent. Die prys van goud is twee-duisend-647-dollar-43-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 71-dollar-46-sent per vat.
# En ten slotte: Die voormalige Suid-Afrikaanse presidentsvrou, Graça Machel, het oudminister Naledi Pandor as die nuwe voorsitter van die Nelson Mandela-stigting se raad van trustees aangestel. Machel het haar beste wense aan die uittredende voorsitter, Njabulo Ndebele, oorgedra wat 25 jaar lank die voorsitter was. Pandor is die derde persoon in die amp sedert die totstandkoming van die stigting. Machel het haar volle vertroue in Pandor se leierskap uitgespreek:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….