Nuus 08:00
BULLETIN 30 September 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC se Veteraneliga herhaal sy oproep dat beskuldigde lede moet opsystaan
# DENOSA vra die regering om ’n gesondheidsinfrastruktuur-fonds te stig
# En, tennis: Alcaraz bereik nog ’n mylpaal toe hy die kwarteindronde in Beijing haal
# Die ANC se Veteraneliga het sy oproep herhaal dat partylede wat beskuldig word, opsystaan. Hulle wil hê die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Thembi Simelane, adjunkminister van Water en Sanitasie David Mahlobo, Malusi Gigaba en Cedric Frolick moet party-aktiwiteite verbied word. Simelane word met die VBS Mutual Bank-skandaal verbind terwyl Mahlobo, Gigaba en Frolick in die Staatskapingkommissie se verslag genoem word. Die Veteraneliga se woordvoerder, Omry Makgoale, sê die ANC moet ernstig wees om sy beeld van korrupsie te verbeter deur van beskuldigde persone ontslae te raak.
# Die Demokratiese Verplegingorganisasie van Suid-Afrika sê die nasionale regering moet ‘n gesondheidsinfrastruktuur-fonds stig om probleme by gesondheidsfasiliteite te hanteer. Die land se openbare gesondheidsinfrastruktuur het baie tekortkominge. Dit sluit in ou geriewe wat swak onderhou is, en opgeknap moet word, terwyl ander vervang moet word. DENOSA se voorsitter in Gauteng, Simphiwe Gada, sê hospitale se huidige infrastruktuur moet hersien word:
# Die LUR vir Vervoer en Menslike Nedersettings in KwaZulu-Natal, Siboniso Duma, sê hy is tevrede met die vlak van gereedheid vir die gure weer wat van vandag af verwag word. Dit volg op ‘n geel vlak twee-waarskuwing deur die Suid-Afrikaanse Weerdiens vir swaar reën, erge donderstorms en sneeu in die provinsie. Duma sê ‘n satellietbasis is opgestel in Van Reenen langs die N3, waar sneeu na verwagting sal val:
# Die MK-party het enige vorm van grondinval deur Israel in Libanon veroordeel. Meer as 50 mense is dood in gister se aanvalle, twee dae na Israel se sluipmoord op die Hisbolla-leier Hassan Nasrallah in Beiroet. Die lugaanvalle het dalk reeds soveel as een-miljoen mense reg oor Libanon uit hulle huise verdryf. Wesley Douglas van die MK-party sê Israel se aggressiewe optrede is ‘n gevaarlike eskalasie wat die hele wêreld in wydverspreide konflik kan dompel:
# Tennis: Die tweede gekeurde Carlos Alcaraz het sy 200ste toervlak-oorwinning in die ronde van 16 by die Chinese Ope beklink. Hy is die derde speler wat in die 2000’s gebore is, wat dié prestasie behaal. Die Spanjaard het Tallon Griekspoor van Nederland afgeransel. Alcaraz kom in die kwarteindronde teen die sewende gekeurde Karen Khachanov te staan. Die Rus het die Argentyn, Francisco Cerundolo, geklop terwyl die Chinese promotorskeuse, Bu Yunchaokete, die wêreld geskok het met ʼn oorwinning oor die sesde gekeurde Italianer, Lorenzo Musetti.
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-11-sent teen die dollar, 19-rand-10-sent teen die euro en 22-rand-89-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 64-duisend-435-dollar-28-sent. Die prys van goud is twee-duisend-654-dollar-52-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 71-dollar-95-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….