Nuus 13:00
BULLETIN 29 September 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Nobelpryswenner Abdulrazak Gurnah loof Suid-Afrika se rol in oplossing van die Gaza-konflik
# Die dodetal in die Lusikisiki-skietery styg tot 18
# En, die KwaZulu-Natalse Vervoerdepartement tref voorsorgmaatreëls vir verwagte sneeu
# Die Nobelpryswenner Abdulrazak Gurnah het Suid-Afrika se pogings geloof om die Gaza-konflik te beëindig. Hy het 22ste Nelson Mandela-lesing by die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg gelewer. Gurnah het Israeliese leiers gekritiseer vir die voortsetting van die oorlog wat duisende lewens geëis en honderde mense ontheem gelaat het. Hy het gewaarsku dat sonder beslissende optrede die Internasionale Geregshof nie in staat sal wees om die geweld in Gaza te beëindig nie:
# Die Suid-Afrikaanse regering het sy kommer uitgespreek oor die onlangse toename in moorde in die Midde-Ooste, insluitend die sluipmoord op Hassan Nasrallah in Libanon. Meer as 720 mense is in die aanvalle dood, 211-duisend mense dakloos gelaat en gesondheidsorgsentrums gedwing om te sluit. Suid-Afrika vra vir ‘n onmiddellik skietstaking, die navolging van internasionale reg, en deursigtige ondersoeke. Die regering eis aanspreeklikheid en wêreldwye pogings om verdere geweld te voorkom. Hy sê hy staan in solidariteit met die regering van Libanon en bied sy steun vir die nagevolge van die aanvalle.
# Die dodetal in die Lusikisiki-skietery het tot 18 gestyg na ‘n man vanoggend in die hospitaal beswyk het. Hy was een van die mense wat in twee afsonderlike huise doodgeskiet is. ‘n Twee-maande oue baba het oorleef. Die moorde word ondersoek en die motief is steeds onbekend. Prins Chulumanco Sigcau van die Amapondo Koningshuis het in ‘n onderhoud met Newzroom Afrika ‘n beroep gedoen op die regering om die polisie behoorlik toe te rus:
# Die Padverkeersinspektoraat en Vervoerinfrastruktuureenheid het ‘n satellietbasis in Van Reenenspas op die N3 opgerig in afwagting op verwagte sneeuvalle. Die KwaZulu-Natalse LUR vir Vervoer, Siboniso Duma, het saam met die Vrystaatse Verkeersinspektoraat padveiligheid as ‘n prioriteit beklemtoon. Duma het die leiding van die Suid-Afrikaanse Weerdiens verwelkom en die rampbestuurskomitee en munisipaliteite geloof vir die ondersteuning van padveiligheidsmaatreëls te midde van wisselvallige klimaatstoestande.
# En ten slotte: Werkers in Frankryk het die Olimpiese sirkels van die Eiffel-toring verwyder en dit lyk soos van ouds. Die burgemeester van Parys, Anne Hidalgo, se planne om nuwe, ligter sirkels te laat aanbring tot en met die Olimpiese Spele in Los Angeles in 2028, het gemengde reaksie ontlok. Kritici, insluitend die nasate van Gustave Eiffel en bewaringsgroepe is gekant teen die voorstel weens kommer oor erfenis. Volgens Hidalgo word die oorspronklike sirkels wat vier maande gelede aangebring is, herwin.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….