Nuus 09:00
BULLETIN 29 September 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Onderwysaktivis sê Sadou se uitdagende houding teenoor president Ramaphosa is kommerwekkend
# Die Oos-Kaapse regering is verslae oor die verlies van 20 lewens in verskillende voorvalle
# En rugby: Siya sê hulle wou al lank die Rugbykampioenskapstrofee inpalm
# Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta kritiseer die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunuie se besluit om president Cyril Ramaphosa se drie maande grasie oor artikel 4 en 5 van die Wysigingswet op Algemene Onderwyswettte uit te daag. Makaneta sê Sadou se standpunt is roekeloos en teleurstellend, terwyl Ramaphosa gesprekke oor die verfyning van die wet aanmoedig. Hy doen ‘n beroep op Sadou om die proses te respekteer en die belange van die onderwyssektor voor op te stel:
# Die Oos-Kaapse regering het die verlies van 20 lewens in twee voorvalle veroordeel. Sewentien mense is in ‘n massaskietery in Lusikisiki vermoor terwyl twee kleuters en ‘n baba dood vermoedelik weens voedselvergiftiging in Mdantsane dood is. ‘n Woordvoerder, Khuselwa Rantjie, sê premier Oscar Mabuyane het die geweld veroordeel en sê berading en maatskaplike hulp sal verskaf word aan gesinne wat geraak is:
Die Oos-Kaapse LUR vir Vervoer en Gemeenskapsveiligheid, Xolile Nqatha, het intussen die noodlottige skietery van 17 mense in Lusikisiki veroordeel. Dertien is in een huis vermoor, insluitend 12 vroue, terwyl nog vier in ‘n ander huis dood is. ’n 18de slagoffer is in ’n bedenklike toestand. ’n Twee maande oue baba is nie beseer nie, maar is in die hospitaal opgeneem vir mediese waarneming. Die motief vir die moorde is nog onbekend. Nqatha het ‘n beroep op die polisie gedoen om die skuldiges te vervolg. Hy het ook gemeenskapshulp met die ondersoek gevra.
# Die Anglikaanse Kerk van Suider-Afrika het teen ‘n voorstel gestem wat biskoppe toelaat om selfdegeslagpare in verwelkomende gemeentes te seën. Die voorstel is tydens ʼn sinodesitting deur Hoog-eerwaarde Raphael Hess ingedien maar is na ʼn debat verwerp. Die kerk benadruk die noodsaaklikheid van eenheid en om by die oorgelewerde leringe te hou. Die besluit volg ondanks ‘n oproep van Aartsbiskop Thabo Makgoba vir inklusiwiteit en vrae van jonger lede oor die kerk se standpunt ten opsigte van LGBTQI-verhoudings.
# En, Rugby: Springbokkaptein Siya Kolisi sê om die Rugbykampioenskaptitel te wen is iets waaroor hulle gepraat en waarvoor hulle die jaar gewerk het. Die Bokkaptein sê egter hulle moenie nou selftevrede wees nie en aanhou wen. Die oorwinning was ook ‘n onvergeetlike oomblik vir die slot Eben Etzebeth toe hy die rekord vir die meeste wedstryde oortref het. Die oortuigende sege van 48-7 voor 42-duisend ondersteuners in Mbombela het vir die eerste keer sedert 2009 ‘n volle Rugbykampioenskapstitel aan die Springbokke besorg. Hulle het nou al die trofeë ingepalm waarvoor hulle die afgelope vier jaar gespeel het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….