Nuus 08:00
BULLETIN 29 September 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Oos-Kaapse regering is verslae oor die verlies van 20 lewens in verskillende voorvalle
# Die MK-party se jeugliga verwerp ‘n Hooggeregshof-bevel oor John Hlophe
# En rugby, die Bokke looi die Pumas vir hul eerste Rugbykampioenskapstitel sedert 2019
# Die Oos-Kaapse regering het die verlies van 20 lewens in twee voorvalle veroordeel. Sewentien mense is in ‘n massaskietery in Lusikisiki vermoor terwyl twee kleuters en ‘n baba dood vermoedelik weens voedselvergiftiging in Mdantsane dood is. ‘n Woordvoerder, Khuselwa Rantjie, sê premier Oscar Mabuyane het die geweld veroordeel en sê berading en maatskaplike hulp sal verskaf word aan gesinne wat geraak is:
Die African Transformation Movement het intussen die noodlottige skietery in Lusikisiki veroordeel. Die ATM doen ‘n beroep dat die gereg sy verloop vinnig moet neem en vra owerhede om die oortreders aan te keer en die baasbreine te ondersoek. Hulle moedig die gemeenskap aan om saam te werk en te verseker dat arrestasies plaasvind. Die ATM se woordvoerder, Zama Ntshona, het ‘n landwye dialoog versoek oor die voorkoming van geweld en ‘n referendum oor ‘n geregtigheidsgebaseerde doodstraf:
# Die MK-party se jeugliga kritiseer die uitspraak van die Wes-Kaapse Hooggeregshof oor John Hlophe se aanstelling op die Regterlike Dienskommissie en beskryf dit as bevooroordeeld en ongegrond. Woordvoerder Nkateko Mkhabela beskuldig die DA, Freedom Under Law en AfriForum daarvan dat hulle nie die Suid-Afrikaanse Grondwet respekteer nie. Sy sê die liga beplan om die neokoloniale invloed op die regbank en die regering uit te daag:
# Donald Trump het by sy New Yorkse basis in Trump Tower met Volodomyr Zelensky vergader en sê dit het tyd geword om Rusland se oorlog in Oekraïne te beëindig. Die Republikeinse presidentskandidaat het die Oekraïnse leier tydens sy veldtog by herhaling gekritiseer en dit was onwaarskynlik dat hulle sou ontmoet. Volgens Zelensky deel hulle “’n gemeenskaplike standpunt dat die oorlog gestaak moet word en Putin kan nie wen nie”, en bygevoeg hy sou besonderhede van sy “oorwinningsplan” met Trump bespreek.
# En, Rugby: Die Springbokke het die Rugbykampioenskapstitel ingepalm met ‘n klinkende oorwinning van 48-7 teen Argentinië Saterdag in die Mbombela-stadion. Dit is hulle eerste Rugbykampioenskapskroon sedert 2019. Die Bokke se sewe drieë het gekom van Aphele Fassi en Pieter-Steph du Toit met twee elk, en Cheslin Kolbe, Malcolm Marx en Jesse Kriel. Argentinië se enigste puntemaker was Tomas Albornoz wat ‘n drie en doelskop bygedra het. Pieter-Steph du Toit het weer ‘n Speler van die Wedstryd-toekenning verower. Dit was ook ‘n baie spesiale wedstryd vir die slot Eben Etzebeth, wat Victor Matfield se rekord van 128 Boktoetse verbeter het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….