Nuus 09:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 28 September 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Freedom Under Law verwelkom die interdik teen John Hlophe se deelname aan die Regterlike Dienskommissie
# Die adjunk-president Paul Mashatile nooi Ierse beleggers uit om in die land te belê
# En, sokker: Kaizer Chiefs en Mamelodi Sundowns pak mekaar in ‘n groot Premierliga-kragmeting
# Freedom Under Law verwelkom die beslissing van die Wes-Kaapse Hooggeregshof om ‘n interdik uit te reik teen voormalige regter John Hlophe. Die interdik bly van krag totdat alle regsuitdagings bygelê is. Die beweging sê die hof het bevind daar is ʼn sterk saak teen die aanstelling wat beteken hy sal nie die sitting van die Regterlike Dienskommissie in Oktober bywoon nie. Die beweging voer aan Hlophe se deelname bedreig regterlike onafhanklikheid en verwys na sy verwydering weens growwe wangedrag.
Judges Matter het intussen kennis geneem van die tussentydse bevel van die Wes-Kaapse Hooggeregshof wat die beskuldigde voormalige regter, John Hlophe, verbied om op die Regterlike Dienskommissie te dien. Die besluit volg na ’n dringende aansoek deur die DA wat aangevoer het Hlophe se aanwysing is irrasioneel na sy skuldigbevinding aan growwe wangedrag. Judges Matter sewoordvoerder, Mbekezeli Benjamin, het aan die SABC gesê dit is ’n deurslaggewende oomblik in Suid-Afrika se regspraak:
# Adjunkpresident Paul Mashatile nooi Ierse beleggers om beleggingsgeleenthede in Suid-Afrika te oorweeg. Hy het tydens die Suid-Afrika-Ierland Sakeforum gewys op die politieke stabiliteit in die land, gehalte infrastruktuur, vervaardigingsbasis, potensiaal vir innovering en oorvloedige natuurlike hulpbronne. Mashatile het die klem geplaas op belangrike groeisektore, insluitend hernubare energie en Ierse ondernemings genooi om vennootskappe te ondersoek. Hy het ook die Afrika Vryhandelsooreenkoms uitgesonder met Suid-Afrika as die poort tot die breër Afrika-mark.
# Die Streekhof in Palm Ridge, Gauteng het die korrupsiesaak teen die voormalige Eskom-kontrakteur, Michael Harry Lomas, tot 28 Oktober uitgestel vir die formele openbaarmaking van die dossier. Henry Mamothame van die Ondersoekdirektoraat sê Lomas, wat onlangs uit die Verenigde Koninkryk uitgelewer is, het 65 aanklagte teen hom in verband met 1,4-miljard-rand wat veronderstel was om tussen 2014 en 2017 na die opgradering van Eskom se Kusile-kragstasie in Mpumalanga te gaan:
# Sokker: Twee reuse in Suid-Afrikaanse sokker pak mekaar vandag in ‘n Premierliga-kragmeting in die FNB-stadion. Kaizer Chiefs is gashere vir Mamelodi Sundowns en albei spanne is onoorwonne na hulle eerste twee wedstryde van die seisoen. Sundowns se afrigter, Manqoba Mngqithi, verwag ’n moeilike wedstryd:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….