Nuus 18:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 27 September 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Groenewald verwys Najwa Petersen se parool na die hersieningsraad
# Tennis: ‘n Chinese vrou sorg vir ‘n reuse-opskudding nadat sy na 600 dae uiteindelik ‘n wedstryd wen
# En die bekroonde Britse aktrise Maggie Smith sterf op 89
# Die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald, het Najwa Petersen se parool verwys na die Korrektiewe Toesig- en Paroolhersieningsraad. Dit volg nadat die slagoffer se familie appèl aangeteken het, en Petersen se parool is opgeskort tot die raad die saak hersien het. Sy sou op 27 November vrygelaat word nadat sy 28-jaar tronkstraf uitgedien het vir die moord op haar man, die bekende musikant Taliep Petersen. Groenewald beklemtoon die noodsaaklikheid van deeglike oorweging, met verwysing na openbare vertrouenskwessies, en om te verseker toekomstige paroolbesluite is regverdig.
# Die Streekhof in Palm Ridge, Gauteng, het die korrupsiesaak teen die voormalige Eskom-kontrakteur, Michael Harry Lomas, tot 28 Oktober uitgestel vir die formele openbaarmaking van die dossier. Henry Mamothame van die Ondersoekdirektoraat sê Lomas, wat onlangs uit die Verenigde Koninkryk uitgelewer is, het 65 aanklagte teen hom in verband met 1,4-miljard-rand wat veronderstel was om tussen 2014 en 2017 na die opgradering van Eskom se Kusile-kragstasie in Mpumalanga te gaan:
# President Cyril Ramaphosa versoek alle Suid-Afrikaners om hulle opnuut te wy aan vryheid en gelykheid. Hy het op die repatriasieseremonie vir die oorskot van 42 vryheidsvegters in Pretoria gevra vir eendragtigheid om armoede te beëindig, asook ongelykheid en geweld, veral teen vroue en kinders. Ramaphosa het erkenning gegee aan die ondersteuning van buurlande in die stryd om Suid-Afrika se vryheid:
# Tennis: Die plaaslike vrou Zhang Shuai het die Amerikaanse Ope-semifinalis Emma Navarro in die Chinese Ope uitgeskakel nadat sy Woensdag haar eerste oorwinning na 24 nederlae behaal het. Die 35-jarige Zhang het nog ‘n Amerikaner, McCartney Kessler, verslaan nadat sy 603 dae laas ‘n wedstryd kon wen. Zhang is nommer 595 in die wêreld. Sy het met haar oorwinning oor Navarro, die wêreld nommer agt, die laagste speler op die ranglys geword om ‘n top tien-teenstander in die toernooi te klop. Sy speel volgende teen Greet Minnen van België.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-9-sent teen die dollar, 19-rand-11-sent teen die euro en 22-rand-92-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 66-duisend-31-dollar-13-sent. Die prys van goud is twee-duisend-662-dollar-59-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 70-dollar-97-sent per vat.
# En ten slotte: Die Oscar-bekroonde Britse aktrise, Maggie Smith, het in die ouderdom van 89 gesterf. Sy is bekend vir haar rolle in ‘Prime of Miss Jean Brodie’, ‘Downton Abbey’, en die ‘Harry Potter’-reeks. Smith se loopbaan het oor ses dekades gestrek. Haar seuns, Chris Larkin en Toby Stephens, het bevestig sy is vreedsaam in die hospitaal dood, omring deur familie en vriende. Smith, wat gevier word vir haar skerpsinnigheid en veelsydigheid, was ‘n ster van komedie en drama en het verskeie toekennings ingepalm, insluitend twee Oscars.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….