Nuus 08:00
BULLETIN 27 September 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Mbalula kap terug teen beskuldigings dat die ANC uitverkoop het
# Die SAKP sê diegene wat die NGV teëstaan wil hê die minderheid moet bevoordeel word
# En swem: Le Clos, Meder en Van Renen kwalifiseer vir die Wêreld-kortbadkampioenskap
# Die ANC se sekretaris-generaal Fikile Mbalula het teruggekap na kritici wat die party verraaiers noem omdat hy ‘n regering van nasionale eenheid gevorm het met partye met ander ideologieë. Hy het ʼn gala-dinee vir netwerk- en fondsinsameling-geleenthede in Komani in die Oos-Kaapse Chris Hani-streek toegespreek. Mbalula sê die ANC is nog dieselfde party al is hy in die regering van nasionale eenheid. Hy sê die koalisieregering is ʼn taktiese ingryping om te hergroepeer en mag terug te kry:
# Die Suid-Afrikaanse Kommuniste-party sê president Cyril Ramaphosa moet voortgaan om die Nasionale Gesondheidsversekering af te dwing. Sommige politieke partye en organisasies bevraagteken die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering se grondwetlikheid, ekonomiese haalbaarheid en moontlike uitwerking op die openbare en privaat gesondheidsektore. Die SAKP sê die tweevlak-gesondheidstelsel is volgens hom onregverdig en word gekenmerk deur privaat monopolie-beheerde gesondheidsorg vir ʼn minderheid van die bevolking. Hy sê die NGV sal soos enige paradigmaskuif uitdagings hê.
# Die EFF in Gauteng sê volgens hom moes die Tshwane-burgemeester, Cilliers Brink, lankal verwyder word omdat hy nie die metro se finansies, dienslewering en infrastruktuur kon bestuur nie. Hy is na ʼn mosie van wantroue verwyder met 120 raadslede wat daarvoor gestem het, 87 daarteen en een het buite stemming gebly. Die party se woordvoerder, Baleni Dumisani, sê die raadslede wou Brink verwyder weens onbevoegdheid en arrogansie:
# Oekraïne se president Volodymyr Zelensky sê sy land kan steeds die oorlog teen Rusland wen indien Amerika en ander lande hul militêre bystand vinnig en deeglik uitbrei. Hy het die Withuis besoek waar hy president Joe Biden en visepresident Kamala Harris ontmoet het om sy oorwinningsplan voor te lê. Zelensky sê hy is vol vertroue dat Oekraïne onder Harris se presidentskap steeds op Amerika se ondersteuning teen Russiese aggressie sal kan staatmaak:
# Swem: Chad le Clos, Rebecca Meder en Ruard van Renen het vir die Wêreld-kortbadkampioenskap gekwalifiseer wat in Desember in Boedapest, Hongarye, plaasvind. Le Clos het by die Suid-Afrikaanse Kortbadkampioenskap in Durban die 50 meter vlinderslag in 22,40-sekondes gewen en die 100 meter vryslag in 46,91-sekondes. Van Renen was tweede in die 100 meter vryslag met 47,02-sekondes, wat ook binne die kwalifiserende tyd val. Meder het verras met ʼn oorwinning in die 100 meter borsslag wat nie haar spesialiteit is nie, en die 100 meter individuele wisselslag.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-22-sent teen die dollar, 19-rand-24-sent teen die euro en 23-rand-7-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 65-duisend-141-dollar-22-sent. Die prys van goud is twee-duisend-672-dollar-42-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 71-dollar-73-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….