Nuus 17:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 26 September 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Cilliers Brink word ontsetel as die burgemeester van Tshwane met ‘n mosie van wantroue
# Die ontvoerde Alize van der Merwe word vrygelaat in die Oos-Kaap
# En, krieket: Die Proteas se veelsydige spelers wil indruk maak teen Ierland
# Cilliers Brink van die DA is verwyder as burgemeester van Tshwane. ‘n Mosie van wantroue het sy bewind van 18-maande beëindig. Honderd-en-twintig raadslede het ten gunste van die mosie gestem, 87 daarteen en een het buite stemming gebly. Brink se verwydering is aangevoer deur die ANC, en gesteun deur die EFF en ActionSA. Obakeng Ramabodu van die EFF het aan die raad gesê Brink het hom skuldig gemaak aan wanbestuur en gemarginaliseerde gemeenskappe verwaarloos:
# Alize van der Merwe, wat Vrydag in die Oos-Kaap ontvoer is terwyl sy alleen gereis het, is veilig vrygelaat. Die Valke bevestig sy en ‘n ander vrou is vandag by die Sulenkama-polisiestasie afgelaai. Hulle is volgens berigte getraumatiseerd en ontvang mediese behandeling. Dis onduidelik of die losprys wat geëis is wel betaal is. Van der Merwe is onderweg na die Umngazi-oord ontvoer en die polisie sit hulle soektog na die ontvoerders voort.
# Die Stad Ekurhuleni het die hoof van die Metropolisie, Jabulani Maphiyeye, voorlopig geskors na bewerings van ernstige seksuele wangedrag waarby twee vroue betrokke is. Volgens die woordvoerder van die stad, Zweli Dlamini, sal ʼn onafhanklike ondersoeker die saak bekyk. Dlamini is in die verlede beskuldig van aanranding en dronkbestuur en sal ingevolge die Dissiplinêre Regulasies vir Plaaslike Regering ondersoek word. Die bevindings sal binne 30 dae bekend gemaak word. Die Onafhanklike Ondersoekdirektoraat van die Polisie sal ook ander bewerings van strafregtelike gedrag ondersoek.
# Motoriste kan volgende maand uitsien na aansienlike brandstofbesparings, met vooruitskattings wat ‘n vermindering vir die vyfde agtereenvolgende maand aandui. Die Outomobiel-assosiasie voorspel ‘n daling van een-rand-13 sent per liter vir 95-oktaan petrol en een-rand-vyf-sent vir 93-oktaan. Dieselpryse kan met een-rand-tien- tot een-rand-12 sent per liter daal, terwyl lampolie ook ‘n vermindering van een-rand-agt sent per liter kan verwag. Die AA se woordvoerder, Eleanor Mavimbela,verwelkom die verwagte dalings, maar doen ‘n beroep op die regering om brandstofpryse te hersien:
# Krieket: Suid-Afrika en Ierland meet kragte in twee T20s en drie eendagwedstryde in die Verenigde Arabiese Emirates, met die eerste T20 môre in Abu Dhabi. Die Proteas het pas ʼn geskiedkundige eendagreeksnederlaag met 2-1 teen Afghanistan gely en verskuif nou hulle aandag na die kortste formaat van die spel. Patrick Kruger is een van verskeie veelsydige spelers in die groep en sê daar is gesonde mededinging tussen die spanlede:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-28-sent teen die dollar, 19-rand-25-sent teen die euro en 23-rand-9-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 64-duisend-472-dollar-53-sent. Die prys van goud is twee-duisend-666-dollar-71-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 73-dollar-71-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….