Nuus 18:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 25 September 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Mashatile wys op inklusiewe ekonomiese groei in die regering van nasionale eenheid se eerste 100 dae
# Binnelandse Sake wis ‘n agterstand van meer as 200-duisend ID-aansoeke uit binne slegs ‘n maand
# En die Rietvlei-reservaat in Pretoria verwelkom ‘n nuwe renoster-baba
# Adjunkpresident Paul Mashatile beklemtoon die fokus van die regering van nasionale eenheid op inklusiewe groei gedurende die eerste 100 dae. Mashatile het op die konferensie van die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie die samewerking met die privaat sektor beklemtoon en gewys op planne om progressiewe beleidsrigtngs in te stel. Hy het die regering se verbintenis tot ‘n demokratiese en inklusiewe ekonomiese gemeenskap herbevestig:
# Die Departement van Binnelandse Sake sê hy het ʼn agterstand van 247-duisend-500 aansoeke om ʼn identiteitsdokument binne ‘n maand uitgewis. Die agterstand het ontstaan nadat ʼn verandering van IT-diensverskaffers vertragings met die verwerking veroorsaak het. Die departement mik na ʼn volledige digitale oorskakeling vir die seepgladde verwerking van toekomstige aansoeke. Minister Leon Schreiber loof die departement se stelselmatige benadering en die vermoë om opgehoopte uitdagings doeltreffend die hoof te bied:
# Die DA doen ‘n beroep op Suid-Afrikaners om by NERSA se openbare verhore aan te sluit van 18 November tot 4 Desember en Eskom se voorgestelde tariefverhogings teen te staan. Die DA se woordvoerder vir Energie en Elektrisiteit, Kevin Mileham, veroordeel die beplande verhoging van 36,15-persent vir 2026 en waarsku dit sal die finansiële druk op huishoudings vererger. Hy sê die party het ‘n versoekskrif van stapel gestuur om die verhogings te stuit:
# Krieket: Engeland se toetskaptein, Ben Stokes, is bereid om onder die nuwe afrigter, Brendon McCullum, na die witbalspel terug te keer. McCullum is as hoofafrigter van alle formate aangestel na twee jaar met verskillende afrigters vir wit- en rooibalkrieket. Die Nieu-Seelander sal ook verantwoordelik wees vir spanne in die korter formate wanneer Engeland in Januarie in Indië toer. Stokes het uit internasionale eendag-krieket getree voor hy verlede jaar teruggekeer het vir die Wêreldbekertoernooi. Hy het laas ʼn internasionale T20-wedstryd gespeel in die Wêreldbeker-eindstryd van 2022.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-18-sent teen die dollar, 19-rand-21-sent teen die euro en 23-rand-1-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 63-duisend-819-dollar-43-sent. Die prys van goud is twee-duisend-664-dollar-8-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 74-dollar-28-sent per vat.
# En ten slotte: Die Rietvlei-natuurreservaat in Pretoria het ʼn nuwe renoster-verskalfie verwelkom. Die Stad Tshwane se burgemeesterskomiteelid vir die Omgewing en Landboubestuur, Ziyanda Zwane, sê al die renosters in die reservaat is onthoring en met ʼn opsporingstelsel toegerus vir beskerming. Die eerste witrenosters is in 1987 in die reservaat losgelaat en Zwane sê dit bly ʼn toevlugsoord vir hierdie bedreigde spesie. Hy waarsku ook die witrenoster is gelys as ʼn bedreigde spesie weens die voortgesette stropery vir hulle horings.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….