Goeie Nuus
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 25 September
Goeiemiddag. Hier is jou Goeie Nuus:
# Caledon in die Wes-Kaapse Overberg-streek is nou die tuiste van die wêreld se langste glykabel. SA Forest Adventures se K3-glykabel van 3,2 kilometer is net minder as 400 meter langer as die vorige rekordhouer, Jais Flight, in Ras al Khaimah in die Verenigde Arabiese Emirate. Die LUR vir Toerisme, Ivan Meyer, sê hierdie nuwe glykabel sal die plaaslike ekonomie deur toerisme ondersteun:
Steeds in die Wes-Kaap: Die LUR vir Kulturele Sake en Sport, Ricardo Mackenzie, sê die provinsiale Inheemse Spele-fees bring mense saam sodat hulle die speletjies kan verstaan wat hulle voorouers gespeel het. Die driedaagse fees het gister begin en eindig môre. Mackenzie sê distrik-spanne van reg oor die provinsie neem aan verskeie inheemse speletjies deel. Dit sluit dibeke, drie-stokkies, jukskei en morabaraba in.
# Die wêreldbekende Suid-Afrikaanse omgewings- en menseregteleier, Kumi Naidoo, is aangestel as president van die Fossielbrandstof-nieverspreidingsverdrag. Die organisasie sê Naidoo bring meer as drie dekades se aktivisme en leierskapservaring na die rol en sal help met ‘n wêreldwye plan vir ʼn regverdige, gefinansierde en billike oorgang weg van fossielbrandstowwe. Naidoo sê die organisasie se doel is globale geregtigheid:
# ‘n Unieke studiehulpmiddel is bekendgestel om matriekuitslae te verbeter en eksamen-angs onder leerders te beperk. MyExamSlayer kan punte met tot 26-persent verbeter en is gratis beskikbaar vir leerders by minderbevoorregte landelike skole. Dié aanlyn kursus is deur ‘n afgetrede joernalis, Richard Lyon, ontwikkel en leer leerders vaardighede oor doeltreffende eksamenstrategieë en die bestuur van spanning en tyd. Lyon sê die kursus is op enige toestel beskikbaar en bemagtig leerders om teen hul eie pas te studeer, terwyl dit die druk op onderwysers verlig.
# En ten slotte: Die Grammy-bekroonde sangeres en liedjieskrywer, Lady Gaga, gaan vanjaar ʼn sewende ateljee-album vrystel, asook die klankbaan van haar komende fliek, Joker: Folie et Deux. Die klankbaan-album, Harlequin, met 13 snitte, word Vrydag vrygestel en haar ateljee-album volgende maand. Gaga en Joaquin Phoenix vertolk die hoofrolle in die rolprent wat volgende maand vrygestel word. Die twee albums volg op haar onlangse enkelsnit saam met Bruno Mars, Die With a Smile.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….