Nuus 15:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 23 September 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# AZAPO versoek die regering om in te gryp met die swak pasiëntebehandeling in openbare hospitale
# ‘n KZN-LUR waarsku gemeenskappe teen vloedrisiko’s namate die sneeu begin smelt
# En, krieket: Prabath Jayasuriya van Sri Lanka neem 5 paaltjies om die eerste toets teen Nieu-Seeland te wen
# AZAPO versoek die regering om in te gryp met die swak behandeling van pasiënte in openbare hospitale nadat ‘n moeder haar gestremde kind in haglike toestande by die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Tshwane aangetref het. Die party veroordeel die gebrek aan respek van die personeel. AZAPO-woordvoerder, Jabu Rakwena, versoek die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, om die standaarde vir gesondheidsorg in openbare gesondheidinstellings te verbeter, aangesien hierdie kwessies die geloofwaardigheid van die Nasionale Gesondheidsversekering-inisiatief bedreig:
# Die KwaZulu-Natalse LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Thulasizwe Buthelezi, het gemeenskappe gewaarsku teen moontlike gevare van oorstromings aangesien die sneeu in hoogliggende dele begin smelt. Hy het rampreaksiespanne geprys vir hul pogings tydens die onlangse sneeustorm, wat die dood van ten minste twee mense weens hipotermie veroorsaak het. Die departement se woordvoerder, Senzelwe Mzila, het motoriste versoek om versigtig te bestuur en ouers aangeraai om toesig te hou oor kinders naby water:
# ʼn Twintigjarige Amerikaanse vrou is dood op ʼn staproete op Tafelberg aangetref. Volgens Polisiewoordvoerder, Malcolm Pojie, het ʼn soekgeselskap die vrou se liggaam Sondagmiddag gevind in ʼn gebied wat deel is van Duiwelspiek. Die liggaam is per helikopter herwin:
# Suid-Afrikaanse Nasionale Parke sê ondertussen hy is bewus van verslae wat aandui daar is toenemende kommer oor misdaad in die Tafelberg Nasionale Park. SANParke se woordvoerder, JP Louw, sê die amptelike misdaadstatistieke het die afgelope jaar drasties afgeneem van onderskeidelik 16 en 32 in Oktober en November verlede jaar, tot ses in Julie en drie in Augustus vanjaar. Louw sê SANParke ontken die berigte heftig en ontmoedig die gebruik van betwisbare en subjektiewe statistieke ten sterkste:
# Krieket: Prabath Jayasuriya het vyf paaltjies geneem om ‘n oorwinning van 63 lopies te verseker op die laaste oggend van die eerste toets teen Nieu-Seeland in Galle. Die Swartpette het ‘n teiken van 275 gejaag en is vir 211 uitgeboul, minder as 15 minute nadat spel vandag hervat is. Rachin Ravindra met 92 het die beste met die kolf gevaar. Jayasuriya het nege paaltjies in die wedstryd laat kantel met vyf vir 68 in die tweede beurt. Die tweede en laaste wedstryd in die reeks vind van Donderdag af ook in Galle plaas.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-37-sent teen die dollar, 19-rand-31-sent teen die euro en 23-rand-12-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 63-duisend-454-dollar-4-sent. Die prys van goud is twee-duisend-622-dollar-78-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 74-dollar-67-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….