Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 23 September 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die adjunkminister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Narend Singh, waarsku die publiek om aandag te gee aan weerwaarskuwings en hul planne, insluitend reisplanne, daarvolgens aan te pas. Gauteng, KwaZulu-Natal, die Vrystaat en Oos-Kaap het die naweek groot dalings in temperatuur beleef en berigte van sneeu is ontvang. Twee mense is dood nadat hulle op die N3 in die KwaZulu-Natalse Middelland in sneeu vasgekeer is en verkluim het. Die departement se woordvoerder, Peter Mbelengwa, sê reddingspogings in dele van die land gaan voort:
# Die Stad Tshwane sê hy erken die noodsaaklike bestuiwingsrol wat bye speel om die plaaslike ekostelsel in stand te hou. Die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie sê ‘n derde van die wêreld se voedselproduksie berus op bye. ‘n Raadslid, Marika Kruger-Muller, sê dit is noodsaaklik dat Tshwane voorkeur gee aan openbare veiligheid deur opleiding aan inwoners te verskaf oor watter plante en blomme bye aanlok en watter spesies om uit tuine te hou:
# The Independent het sy eerste Climate 100-lys gepubliseer, wat aktiviste, wetenskaplikes, akademici, filantrope, mode-entrepreneurs en leiers op politieke, sake, en tegniese gebied insluit. Mense op die lys het oplossings uitgedink soos waterstofbewaring, plastiekverterende bakterieë en ‘n rewolusionêre metode om tekstiel te kleur sonder skadelike chemikalieë. Hulle sluit in prins William, wat aan die hoof staan van due Prins van Wallis-vlagskip-inisiatief, die Earthshot-prys, die omgewingsaktivis Greta Thunberg, die Keniaans-Amerikaanse aktivis Wawa Gatheru en die mede-stigter van Black Girl Environmentalist en Polluters Out, Ayisha Siddiqa.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….