Nuus 12:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 23 September 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ATM sê die regering was nie voorbereid om die gure weerstoestande te hanteer nie
# Meer as 500 verdagtes is die naweek in Tshwane vasgetrek
# En, rugby: Rassie Erasmus sê ‘n verbetering moet plaasvind voor die Kampioenskap-eindstryd teen Argentinië
# Die African Transformation Movement sê dis kommerwekkend dat die regering, ten spyte van die Suid-Afrikaanse Weerdiens se waarskuwings, nie voorbereid was op gure weerstoestande nie. Koue weer, insluitend sneeu, het in dele van die land voorgekom en twee mense het in KwaZulu verkluim. ATM se woordvoerder, Zama Ntshona, sê die betrokke owerhede moet hulle reaksieplanne deeglik hersien en die nodige aanpassings doen om beter voorbereid te wees:
# Altesaam 561 verdagtes is die afgelope naweek in verskeie suksesvolle operasies in Tshwane vasgetrek. Polisiewoordvoerder Johan van Dyk sê die verdagtes se vermeende misdade sluit in verkragting, geslagsgeweld, gewapende roof en diefstal. Hy sê 29 ongedokumenteerde immigrante is aangekeer:
# Die Wes-Kaapse LUR vir Infrastruktuur, Tertuis Simmers, sê wanneer die Metro Grounds-behuisingsontwikkeling in George voltooi is, sal 436 behuisingsgeleenthede beskikbaar wees. Agtien huise en titelaktes is by die ontwikkeling oorhandig. Simmers sê die oorhandiging van titelaktes beteken nie net iemand is ‘n huiseienaar nie, maar verseker ook ʼn beter toekoms vir die persoon se geliefdes:
# Rugby: Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, sê hulle moet baie werk doen voor Saterdag se beslissende Rugbykampioenskap-wedstryd teen Argentinië in Mbombela. Die Pumas het Suid-Afrika die naweek in Santiago del Estero met 29-28 geklop om hul hoop op ʼn heel eerste Rugbykampioenskapstitel, lewend te hou. Spelers wat tydens die Argentinië-afdeling van die toernooi ʼn blaaskans gevat het, sluit vandag weer by die groep aan om die volle oefenprogram te hervat. Erasmus sê hulle kan komende Saterdag vir hierdie naweek se nederlaag vergoed.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-42-sent teen die dollar, 19-rand-36-sent teen die euro en 23-rand-14-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 63-duisend-404-dollar-31-sent. Die prys van goud is twee-duisend-616-dollar-57-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 74-dollar-56-sent per vat.
# Ten slotte: Die Zoeloekoning, Misuzulu kaZwelethini, vier vandag sey 50 ste verjaardag. KaZwelethini is vyf dekades gelede in die Hlabisa-hospitaal in noord-KwaZulu-Natal gebore as die eerste seun van koning Goodwill Zwelethini en sy vrou, koninging Mantfombi Dlamini-Zulu, wat albei reeds oorlede is. Die tradisionele eerste minister van die Zoeloe-nasie, Thulasizwe Buthelezi, het die koning seënwense en wysheid toegewens om sy nasie te lei. Die koning sal sy dag in stille nadenke deurbring vóór die amptelike herdenking van Koning Shaka-dag môre in KwaDukuza waar hy die hoofrede sal lewer.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….