Nuus 11:00
BULLETIN 22 September 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Gure weer eis die lewe van ‘n passasier op die N3-tolroete in die Vrystaat
# Die polisie vernietig ‘n onwettige brug oor die Limpoporivier
# En, boks: Daniel Dubois behou die IBF-swaargewig-wêreldtitel
# Die Vrystaatse Departement van Samewerkende Regering, Tradisionele Sake en Menslike Nedersettings het die dood van ‘n passasier op die N3-tolroete aangemeld. Die departement se woordvoerder, Zimasa Mbewu, sê die passasier is gister dood as gevolg van hipotermie op reis tussen Johannesburg en KwaZulu-Natal. Mbewu sê reddingsoperasies is vroeg vanoggend hervat na swaar sneeu rondom Van Reenen en Swinburne, waar die pad nou oopgestel is:
# Die polisie het ‘n mensgemaakte brug vernietig wat oor die Limpoporivier naby die Beitbrug deurgangspoort gebou is. ‘n Polisiewoordvoerder, Amanda van Wyk, sê grens-wetstoepassers wat op die Suid-Afrikaanse en Zimbabwiese grens ontplooi is, het die brug ontdek toe hulle die heininglyn gepatrolleer het. Die onwettige brug was minder as ‘n kilometer oos van Beitbrug en is volgens berigte gebruik om goedere en mense in en uit Suid-Afrika te smokkel:
# Die Oos-Kaapse polisie en veiligheidsdienste soek na die 39-jarige Alize van der Merwe, wat vermoedelik Vrydagmiddag ontvoer is. Sy het alleen op die N2 van Oos-Londen na ‘n oord aan die Wildekus gereis toe haar familie ‘n oproep ontvang het oor die beweerde ontvoering. Volgens ‘n opsporingsdiens is Van der Merwe se wit Toyota Fortuner tussen Dumasi en die Umngazi-oord agtergelaat. Die polisie het bevestig hulle ondersoek ‘n saak van ontvoering.
# Boks: Daniel Dubois het Anthony Joshua geskok met ‘n uitklopoorwinning om die IBF-swaargewig-wêreldtitel by die Wembley-stadion in Londen te behou. Die 27-jarige het Joshua in vyf rondes geklop. Dit was Dubois se vierde beroepsoorwinning oor Joshua, wat ‘n derde wêreld-swaargewigkampioen-titel ontsê is. Die oorwinning skep die moontlikheid vir Dubois om in 2025 om die onbetwiste wêreld-swaargewig-titel te veg teen die wenner van ‘n Desember-kragmeting tussen die WBC-, WBA- en WBO-kampioen Oleksandr Usyk en Tyson Fury.
# En, die adjunkminister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Narend Singh, lei vandag die Wêreldrenosterdag-viering by die Hluhluwe Imfolozi Park in KwaZulu-Natal. Die departement se woordvoerder, Peter Mbelengwa, sê Wêreldrenosterdag vier al vyf renosterspesies; swart, wit, groter eenhoring, Sumatraanse en die Java-renoster. Hy sê Wêreldrenosterdag fokus op die bewusmaking van die diere se lot en die belangrikheid van hulle bewaring:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….