Nuus 13:00
BULLETIN 21 September 1 nm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Sani-pas se deurgangspoort tussen Suid-Afrika en Lesotho is weens swaar sneeu gesluit vir verkeer
# President Ramaphosa gaan sleutelkwessies aanspreek by die Verenigde Nasies se 79ste Algemene Vergadering
# En, die GOOD-party sê Krieket Suid-Afrika is verkeerd oor kragmetings teen Afghanistan
# Die Grensbestuursowerheid en belanghebbendes wat by die Sani-pas se deurgangspoort tussen Suid-Afrika en Lesotho werk, het vandag die grenspos in die Vrystaat gesluit. Die owerheid se woordvoerder, Mmeme Mogotsi, sê dit is weens aanhoudende swaar sneeu in die gebied. Mogotsi sê toestande het nou gevaarlik geword:
# President Cyril Ramaphosa lei vandag Suid-Afrika se afvaardiging by die Verenigde Nasies se 79ste Algemene Vergadering. Hy sal kritiese globale uitdagings aanspreek, insluitend internasionale vrede, volhoubare ontwikkeling, klimaatsverandering en gereedheid vir pandemies. Die tema van die vergadering is Eenheid in Verskeidenheid, wat wys op die belangrikheid van samewerking vir ‘n beter toekoms. Ramaphosa sal ook gesprek voer met sakeleiers om buitelandse beleggings in Suid-Afrika te lok.
# Die GOOD-party sê Krieket Suid-Afrika se verklaring wat voortgesette bande met Afghanistan steun, ten spyte van die onderdrukking van Afghaanse vroue, klink ontstellend soortgelyk aan Westerse leiers se regverdiging van bande met apartheid-Suid-Afrika in die 1980’s. Brett Herron van die party sê die verklaring verwerp Suid-Afrika se eie anti-apartheid-sportstryd en slagpreuk: geen normale sport in ‘n abnormale samelewing. Hy voeg by KSA verwerp ook die gebruik van boikotte en sanksies as wettige maniere van nie-geweldadige stryd:
# Tennis: Verdedigende kampioen, Iga Swiatek, het om persoonlike redes van die Chinese Ope onttrek. Die Poolse wêreld nommer een en verdedigende kampioen het besluit om nie in Beijing te speel nie. Sy het die toernooi verlede jaar gewen toe sy die Rus, Ludmilla Samsonova, in skoon stelle geklop het. Die 23-jarige het ook aan vandeesweek se WTA 500 in Seoel onttrek. Swiatek het voorheen kritiek uitgespreek oor die duur van vanjaar se WTA-toerskedule en het dit as vermoeiend beskryf. Sy vra vir die verslapping van die aantal toernooie waarin spelers moet speel.
# En, die organisasie, Zero Carbon Charge, het weer sy verbintenis bevestig tot volhoubare, zero-uitstraal-beweeglikheid in Suid-Afrika, terwyl die wêreld vandag Geen Uitlatingsdag herdenk. Die organisasie se voorsitter, Joubert Roux, sê hulle laaibenadering vir elektriese voertuie wat nie op die netwerk is nie, spreek direk Suid-Afrika se dubbele uitdagings aan om sy koolstofdioksied-verminderingsteikens te bereik, terwyl die beperkings van sy energie-infrastruktuur bestuur word. Hy sê wat gelykstaan aan meer as een-miljoen ton koolstofdioksied, sal tussen 2026 en 2030 verminder word weens hulle voertuig-laainetwerk:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….