Nuus 11:00
BULLETIN 21 September 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Ongure weer veroorsaak ellende in verskeie provinsies
# Eskom skryf die voortgesette verbetering in sy opwekkingsvloot se prestasie aan die herstelplan toe
# En, rugby: Die Bokke weet teen wie hulle vanaand te staan kom
# Koue, nat weer, met swaar sneeu op plekke, het dele van die land getref. Die N3-tolkonsessie sê die tolroete vanaf Estcourt in KwaZulu-Natal tot by Harrismith in die Vrystaat bly gesluit weens swaar sneeuval. Gevaarlike toestande is langs die hele roete van KwaZulu-Natal af na Gauteng aangemeld, met mense wat in Van Reenenspas vasgekeer is. Padgebruikers in die Oos-Kaap word ook gewaarsku om paaie wat die geraak word deur sneeu en nat weer te vermy. Talle passe, insluitend die Penhoek- en Barkly-pas, is gesluit.
In Johannesburg sê die nooddienste hulle bly die naweek op ‘n hoë gereedheidsgrondslag en monitor al sewe streke terwyl die reën in Gauteng voortduur. Die woordvoerder van die diens, Robert Mulaudzi, doen ‘n beroep op motoriste om versigtig te wees, ‘n veilige volgafstand te handhaaf en verspoelde paaie en brûe te vermy. Hy sê geen ernstige voorvalle is oornag en vanoggend in die stad aangemeld nie, ten spyte van die uiters koue, nat en winderige weer:
# Eskom sê die volgehoue verbetering in die opwekkingsvloot se prestasie word toegeskryf aan die herstelplan, versnelde instandhoudingswerk, samewerking met oorspronklike toerustingvervaardigers, en die toewyding van kragstasiebestuurders en hul spanne. Die woordvoerder, Daphne Mokwena, sê Eskom se energiebeskikbaarheidsfaktor was die afgelope week gemiddeld 60-persent, met toppresterende kragstasies soos Kusile, Grootvlei, Majuba en Lethabo wat ‘n energiebeskikbaarheidsfaktor van meer as 60-persent gehandhaaf het:
# Die DA in Gauteng sê hy is diep bekommerd oor die moontlikheid dat die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se werknemers en verskaffers nie hierdie maand betaal sal word nie. Dit volg ná Eskom se beslaglegging op die munisipaliteit se rekenings, weens hulle onvermoë om rekeninge te betaal. Die DA-lid, Duncan Mthembu, sê elke keer as daar ‘n beslaglegging van die munisipaliteit se bankrekenings is, moet besef word die voortbestaan van meer as twee-duisend gesinne word negatief geraak.
# En, rugby: Die Springbokke het beklemtoon hoe belangrik dit is om Argentinië te respekteer terwyl hulle voorberei om vanaand teen hulle mede-Rugbykampioenskap-titel-aanspraakmakers in Santiago te staan te kom. Die kaptein, Salman Moerat, sê hulle sal by hul eie planne hou om ‘n oorwinning te verseker, en hoop om die titel vir die eerste keer sedert 2019 te beklink – met die wedstryd in Mbombela nog oor. Marat waarsku Argentinië is ‘n gehaltespan onder die voormalige Puma, Felipe Contepomi, as hoofafrigter. Die wedstryd skop net na 11-uur vanaand af.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….