Nuus 16:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 19 September 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Reserwebank verlaag terugkoopkoers met 25 basispunte
# SAKP-leier Blade Nzimande vereer Pravin Gordhan as ‘n strategiese kommunistiese leier
# En, tennis: Naomi Osaka op pad na Nieu-Seeland-toernooi
# Die Reserwebank het die terugkoopkoers met 25-basispunte verlaag. Dit beteken die terugkoopkoers is nou laer op 8-persent. Banke sal die prima uitleenkoers tot 11-komma-25-persent verlaag. Die aankondiging volg op die besluit van die Amerikaanse Reserwebank om rentekoerse met 50 basispunte te verlaag. Dit kom ʼn dag nadat aangekondig is plaaslike inflasie vir Augustus was 4,4-persent, laer as die teiken van die Reserwebank van 4,5-persent. Die koers sal na verwagting ook verlaag word met die volgende vergadering van die bank in November.
# Die leier van die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty, Blade Nzimande, het wyle Pravin Gordhan by sy begrafnis in Durban vereer en hom ‘n bekwame onderhandelaar en kommunis genoem. Nzimande het Gordhan geloof vir sy aandag aan detail, sy dapper stryd teen staatskaping en vir die beveiliging van staats-instansies. Hy doen ‘n beroep op vakbonde en politieke organisasies om interne uitdagings ter nagedagtenis aan Gordhan te konfronteer:
# AfriForum het in reaksie op toenemende misdaad ‘n omvattende gratis gids bekendgestel om Suid-Afrikaners te help om ʼn vuurwapenlisensie wettig te bekom. Die gids beskryf die proses vanaf ʼn bevoegdheidsertifikaat verwerf tot die aansoek om ʼn lisensie en die aanskaf van ʼn vuurwapen. Volgens woordvoerder, Jacques Broodryk, beklemtoon die gids doeltreffende opleiding en verantwoordelike gebruik en is daarop gemik om landsburgers met die nodige kennis te bemagtig vir veilige vuurwapen-eienaarskap:
# Die Israelse polisie het ʼn Israelse burger aangekeer wat glo deur Iranse intelligensie gewerf is om top Israelse amptenare, insluitend eerste minister Benjamin Netanyahu om die lewe te bring. ʼn Israelse burger is glo twee keer in Iran ingesmokkel en het betalings ontvang vir die uitvoer van sendings. Na berig word was Netanyahu, die minister van Verdediging, Yoav Gallant, die hoof van Shin Bet, Ronen Bar, en ander top amptenare onder die teikens. Die Israelse burger, ʼn sakeman wat lank in Turkye gewoon het, is glo aan ʼn Iranse sakeman voorgestel.
# Tennis: Die voormalige wêreld nommer een, Naomi Osaka, keer terug na die grootste toernooi in Nieu-Seeland, die ASB Classic in Auckland. Die 26-jarige Japannees het vanjaar weer begin speel nadat sy sowat twee jaar lank ʼn blaaskans geneem het vir onder meer die geboorte van haar dogter, Shai. Osaka is die eerste speler in bykans drie dekades wat haar eerste vier Grand Slam-eindstryde kon wen – die Australiese Ope in 2019 en 2021 en die Amerikaanse Ope in 2018 en 2020.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-44-sent teen die dollar, 19-rand-44-sent teen die euro en 23-rand-15-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 63-duisend-52-dollar-75-sent. Die prys van goud is twee-duisend-589-dollar-40-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 74-dollar-31-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….