Nuus 15:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 19 September 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Mac Maharaj loof Pravin Gordhan as onkreukbaar
# Die DA sê Gautengse LUR gebruik POPIA om die aanstelling van onbevoegde ANC-lede in Emfuleni te verdoesel
# En, rugby: Rassie Erasmus verwag heelwat flair en fisieke teenwoordigheid van Lukhanyo Am op binnesenter
# Die voormalige anti-apartheidsaktvis, Mac Maharaj, loof wyle minister Parvin Gordhan as onkreukbaar tydens sy begrafnis by die Durbanse Internasionale Konvensiesentrum. Maharaj was vol lof vir Gordhan se rol in die stryd om vryheid en sy vreeslose standpunt oor staatskaping. Hy sê ten spyte van beledigings het Gordhan se integriteit ongeskonde gebly en beskryf sy vriend as ‘n moedige verdediger van Suid-Afrika:
# Die DA sê die Gautengse LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Jacob Mamabolo, gebruik die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting om die indiensneming van ongekwalifiseerde ANC-kaders weg te steek in die Emfuleni Munisipaliteit. Volgens die party het dit bygedra tot diensleweringsmislukkings, insluitend Emfuleni se skuldlas van agt-miljard-rand aan Eskom, rioolprobleme in die Vaalrivier en infrastruktuur wat verbrokkel. Die DA-lid, Kingsol Chabalala, versoek bevoegde amptenare om dienste in die munisipaliteit te herstel:
# Die Kommisie vir Geslagsgelykheid het ontstellende toestande in Oos-Kaapse hospitale onthul, insluitend vuil fasiliteite, ‘n tekort aan beddens en duiwe wat in sale rondloop in ses hospitale, insluitend Bhisho, Frere en Dora Nginza, onthul. Die kommissie se uitvoerende hoof, Dennis Matotoka, doen ‘n beroep op dringende verbeterings in infeksiebeheer, gehaltebestuur en toegang vir gestremdes. Die Departement van Gesondheid, het ondanks begrotingsbeperkings, belowe om die kwessies aan te spreek en hospitaaltoestande te verbeter.
# Die Israelse polisie het ʼn Israelse burger aangekeer wat glo deur Iranse intelligensie gewerf is om top Israelse amptenare, insluitend eerste minister Benjamin Netanyahu om die lewe te bring. ʼn Israelse burger is glo twee keer in Iran ingesmokkel en het betalings ontvang vir die uitvoer van sendings. Na berig word was Netanyahu, die minister van Verdediging, Yoav Gallant, die hoof van Shin Bet, Ronen Bar, en ander top amptenare onder die teikens. Die Israelse burger, ʼn sakeman wat lank in Turkye gewoon het, is glo aan ʼn Iranse sakeman voorgestel.
# Rugby: In die voorlaaste ronde van die Rugbykampioenskap is Australie Saterdag gasheer tuis vir Nieu-Seeland in Sydney terwyl die Springbokke Argentinië in Santiago besoek. Die Springbokke het tien veranderings aan hulle opdrafspan gemaak met Lukhanyo Am op binnesenter pleks van sy gewone plek op buitesenter. Afrigter Rassie Erasmus glo Am kan flair en fisieke teenwoordigheid bring:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-42-sent teen die dollar, 19-rand-44-sent teen die euro en 23-rand-16-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-402-dollar-11-sent. Die prys van goud is twee-duisend-585-dollar-47-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 74-dollar-22-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….