Nuus 13:00
BULLETIN 18 September 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Inflasie daal tot onder 4.5%
# President Ramaphosa beloof ondersteuning vir Suid-Soedan se verlenging van die oorgangstydperk
# En, rugby: Siya kry ‘n voorsmakie van bedrywighede in die afrigtershokkie
# Die verbruikersprysinflasie het vir ‘n derde agtereenvolgende maand gedaal en van4,6-persent in Julie tot 4,4-persent in Augustus afgekoel. Dit is die laagste inflasiekoers sedert April 2021 toe die koers ook 4,4-persent was. Dit is laer as die Reserwebank se teiken van 4,5-persent, op die vooraand van die aankondiging môre oor rentekoerse. Laer inflasie is in verskeie sektore aangemeld, insluitend vervoer, behuising, restaurante en hotelle. Inflasie in die sektor vir voedsel en nie-alkoholiese drank, alkohol en tabakprodukte het verlede maand egter effens gestyg.
# President Cyril Ramaphosa het Suid-Soedan se besluit om sy oorgangstydperk met twee jaar te verleng, onderskryf. Hierdie besluit kan die nasionale verkiesing wat oorspronklik op 22 Desember sou plaasvind, vertraag. Die verlenging sal voorsiening maak om die 2018 Hernuwingsooreenkoms tot die Resolusie van die Konflik in Suid-Soedan ten volle in te stel. Volgens die presidensiële woordvoerder, Vincent Magwenya, het Ramaphosa die konsensus-gebaseerde besluit geloof en Suid-Afrika se volgehoue steun vir Suid-Soedan se strewe na vrede en ontwikkeling beloof:
# ActionSA het teleurstelling uitgespreek nadat die Landdroshof in Kaapstad borgtog van 250-duisend-rand toegestaan het aan die voormalige Kaapstadse burgemeesterskomiteelid vir Behuising, Malusi Booi. Julie Seton van ActionSA beskou dit as te min vir die aanklagte van aanvaarding van omkoopgeld om tenders vir ‘n vermoedelike afpersingsnetwerk te bekom. Sy voer aan borgtog moet die erns van die beskuldigings weerspieël:
# Die Tshwane Universiteit vir Tegnologie sê daar is ‘n behoefte aan begrip vir kwessies oor gestremdheid en om ondersteuning te skep vir persone met gestremdhede se waardigheid, regte en maatskaplike welsyn. Volgens ʼn verslag wat Statistieke Suid-Afrika in November verlede jaar bekendgestel het, is die land se gestremdheidsyfer 7,5-persent. TUT bied ʼn reeks veldtogte aan om mense van gestremde persone bewus te maak, wanopvattings reg te stel, en die ervarings van studente met gestremdhede uit te lig.
# Rugby: Siya Kolisi sal in die afrigterslokaal wees wanneer die Springbokke die Argentyne Saterdag in die Rugby-kampioenskap in Santiago pak terwyl hy herstel van ‘n gesigsbesering. Salmaan Moerat gaan die span lei. Kolisi het in die tweede ontmoeting teen die All Blacks in Kaapstad met ‘n gebreekte neus gespeel na ‘n stamp teen Sam Cane in hulle eerste kragmeting op Ellispark, en sy operasie is uitgestel. Die afrigter Rassie Erasmus sê hulle wil Kolisi blootstelling gee aan wat in die afrigtershokkie aangaan:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-56-sent teen die dollar, 19-rand-58-sent teen die euro en 23-rand-23-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 59-duisend-977-dollar-51-sent. Die prys van goud is twee-duisend-568-dollar-45-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 72-dollar-54-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….