Nuus 17:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 17 September 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Ramaphosa loof die Presidensie se rol as die regering se dryfkrag
# ‘n Belangegroep in Suid-Afrika, South African Jews for a Free Palestine, sê die Westerse wêreld hou hom blind vir Palestynse verskuiwing
# En, tennis: Jannik Sinner voeg ‘n voormalige Djokovic-fiksheidsafrigter en fisio by sy afrigtingspan
# President Cyril Ramaphosa het die Presidensie as die dryfkrag van Suid-Afrika se regering geprys. Ramaphosa het sy personeellede toegespreek tydens ‘n Langdiens-toekenningseremonie en suksesse soos die Ministerie van Elektrisiteit en Energie se pogings om beurtkrag aan te pak, uitgelig. Hy het beklemtoon die Presidensie koördineer belangrike regeringsfunksies en verseker dus naatlose samewerking om dienslewering vir alle Suid-Afrikaners te verbeter:
President Cyril Ramaphosa het afgesien daarvan ook planne aangekondig vir die Presidensie om digitale tegnologie in te span en dienslewering deur e-regering te verbeter. Ramaphosa het met sy personeellede gepraat terwyl hy die Langdiens-toekenningseremonie aangebied het en het die groeiende rol van tegnologie in Suid-Afrika beklemtoon. Hy het ook die regering se verbintenis tot die regering van nasionale eenheid se voornemeverklaring herhaal, wat beter koördinasie en doeltreffendheid verseker:
# Die organisasie, Suid-Afrikaanse Jode vir ‘n Vry Palestina, beskuldig die Westerse wêreld dat hy hom blind hou vir die verskuiwing van Palestyne. Woordvoerder, Rina King, wys op die wêreldwye skynheiligheid en sê 75-persent van die Palestyne is in 1948 tydens die Palestynse katastrofe van hulle grondgebied verdryf, terwyl leiers wêreldwyd, wat onderneem het, nooit weer nie, nou tjoepstil bly. King is krities oor die konferensie van African Global Dialogue in Johannesburg en beskuldig Israelse akademici daarvan dat hulle die voortgesette verdrukking van Palestyne goedpraat:
# Tennis: Die wêreld se nommer een, Jannik Sinner, het ‘n fiksheidsafrigter, Marco Panichi, en fisioterapeut, Ulises Badio, op sy personeel aangestel nadat twee van sy personeel afgedank is omdat hy na twee mislukte opkikkertoetse in Maart byna geskors is. Sinner is verlede maand deur ʼn onafhanklike tribunaal vrygespreek nadat die verduideliking aanvaar is dat hy die opkikkers per ongeluk ingekry het. Panichi en Badio het albei voorheen met Novak Djokovic gewerk. Hulle gister die eerste keer met Sinner gewerk en sal saam met hom reis na toernooie in Beijing en Sjanghai.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-64-sent teen die dollar, 19-rand-61-sent teen die euro en 23-rand-30-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 59-duisend-251-dollar-26-sent. Die prys van goud is twee-duisend-578-dollar-83-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 72-dollar-77-sent per vat.
# Ten slotte: Die Stad Kaapstad se Openbare Nooddienskommunikasiesentrum sê hy het die afgelope vier weke ʼn skerp toename van 153-persent in poets-oproepe opgemerk. Die sentrum het die naweek een-duisend-679 voorvalle, insluitend 104 poets-oproepe, aangeteken teenoor een-duisend-424 die vorige week. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê ʼn nooddiens-telefoonoperateur se werk is reeds traumaties en stresvol, so poets-oproepe is nie snaaks nie:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….