Nuus 15:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 17 September 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Automobiel-Assosiasie verwelkom die verwagte brandstofprysverlaging
# Die minister van Indiensneming en Arbeid distansieer haarself van ‘n Facebook-swendelaar wat geld bedel
# En, gholf: Christiaan Bezuidenhout is die enigste Suid-Afrikaner wat deelneem aan volgende week se Presidente-beker
# Die Automobiel-Assosiasie verwag volgende maand ‘n aansienlike verlaging in die brandstofprys, gebaseer op ongeouditeerde data van die Sentrale Energiefonds. Petrol, diesel en lampolie sal daal met die prys van petrol wat met een-rand-26-sent per liter kan daal. Woordvoerder Eleanor Mavimbela skryf dit toe aan laer internasionale produkpryse en die sterk vertoning van die Rand teenoor die Amerikaanse Dollar:
# Die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth, waarsku die publiek teen ʼn Facebook-swendelaar wat haar voordoen en geld bedel. Die swendelaar gebruik haar identiteit om vals beleggings te verkoop. Die minister het die aangeleentheid by die polisie aangegee en ʼn ondersoek na bedrog en identiteitsdiefstal word tans uitgevoer. Meth verseker die publiek sy sal nooit vir geld vra nie en versoek enigeen wat enige verdagte bedrywighede opmerk of wat ingeloop is, om dit by die polisie aan te meld.
# Tshwane-burgemeester Cilliers Brink sê die metro het vanjaar 500-miljoen-rand meer inkomste ingevorder as dieselfde tyd verlede jaar. Die metro het die afgelope paar maande sy pogings verdubbel om geld wat aan hom geskuld word, in te vorder in ʼn poging om sy finansies reg te ruk. Brink sê aansienlike vordering is gemaak om die boeke te laat klop:
# Saftu verskerp sy veldtog vir ‘n algehele boikot van Israeliese produkte, in reaksie op die voortdurende vernietiging in Gasa. Die federasie kritiseer môre se African Global Dialogue-konferensie in Johannesburg omdat hy meen dit sal die versagting van die volksmoord wees en Palestynse stemme uitsluit. Saftu se hoofsekretaris, Zwelinzima Vavi, het tydens ‘n nuuskonferensie Suid-Afrikaners versoek om Israeliese goedere en dienste te vermy, as deel van globale solidariteit en ekonomiese druk om Israel aanspreeklik te hou vir sy militêre optrede in Gasa:
# Gholf: Christiaan Bezuidenhout is die enigste Suid-Afrikaner wat deelneem aan die Presidente-beker wat by die Royal Montreal-gholfklub in Kanada gehou word. Hoewel geen Suid-Afrikaner outomaties vir die Internasionale Span gekwalifiseer het nie, het spankaptein Mike Weir besluit om Bezuidenhout te voeg by sy kapteinskeuses. Die Internasionale Span kom te staan teen ʼn sterk Amerikaanse span wat die wêreld nommer een en twee insluit, Scottie Scheffler en Xander Schauffele. Dit word van 24 tot 29 September gehou.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-64-sent teen die dollar, 19-rand-64-sent teen die euro en 23-rand-30-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 59-duisend-57-dollar-10-sent. Die prys van goud is twee-duisend-574-dollar-26-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 72-dollar-66-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….