Nuus 13:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 17 September 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# BOSA stuur ‘n veldtog van stapel om die direkte verkiesing van die President en Parlementslede te verseker
# Eskom bereik ‘n mylpaal in die vermindering van huishoudelike uitstralings naby sy Mpumalanga-kragstasies
# En, krieket: Lungi Ngidi sê die Proteas onderskat Afghanistan glad nie
# BOSA het vandag twee versoekskrifte van stapel gestuur, waarin Suid-Afrikaners gevra word om sy oproepe vir die direkte verkiesing van die president en lede van die Parlement te ondersteun. Die party se woordvoerder, Roger Solomons, sê die Verkiesingshervormings-raadplegingspaneel is saamgestel en het gevra vir skriftelike voorleggings vir sy oorweging rondom voorstelle oor hoekom, hoe en of die huidige Suid-Afrikaanse kiesstelsel hervorm, verander of selfs vervang moet word:
# Eskom het ‘n reuse mylpaal bereik in sy pogings om huishoudelike uitstralings naby sy Mpumalanga-kragstasies te verminder met die Masibambisane Luggehalte-verminderingsprojek. Die projek, wat 91-persent van geteikende huise in Ezamokuhle herbou het, fokus op die vermindering van steenkool- en houtverbranding deur skoner energiebronne soos elektrisiteit en LP-gas te verskaf. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die uitgebreide projek sal meer as 36-duisend huishoudings in die provinsie bereik:
# Die GOOD-party het aan die Wes-Kaapse LUR vir Plaaslike Regering, Anton Bredell, geskryf en ‘n ondersoek gevra na die Drakenstein-burgemeester se beweerde skending van raadslede se gedragskode. Burgemeester Stephen Korabie het na bewering onwettig ondersoek gedoen na bewerings van growwe en ernstige wangedrag deur die stadsbestuurder, Johan Leibbrandt. GOOD-woordvoerder Keagen Gertse sê hulle glo nie meer in interne prosesse se onafhanklikheid in die DA-geleide Drakenstein nie:
# Krieket: Die Proteas-manspan is tans in die Verenigde Arabiese Emirate waar hulle vanaf môre in Sjarja in ʼn eendagreeks van drie wedstryde teen Afghanistan te staan kom. Suid-Afrika bou aan diepte in sy groep deur sommige sleutelspelers ʼn blaaskans te gun en terselfdertyd ander terug te verwelkom, soos Lungi Ngidi, wat na ʼn kuitbesering slaggereed is om die boulaanval te lei. Die 28-jarige snelbouler sê hulle onderskat Afghanistan glad nie:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-61-sent teen die dollar, 19-rand-61-sent teen die euro en 23-rand-29-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 58-duisend-727-dollar-32-sent. Die prys van goud is twee-duisend-575-dollar-69-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 72-dollar-85-sent per vat.
# Ten slotte: Ses finaliste is vir die 2024-Bookerprys benoem en dit sluit vyf vroueskrywers in. Dis die meeste vroue op die kortlys in die prys se geskiedenis van 55 jaar. Die prys vereer die beste fiksie in Engels wat deur ʼn skrywer van enige land geskryf en in die Verenigde Koninkryk en Ierland uitgegee is. Yael van der Wouden is die eerste Nederlandse skrywer wat die kortlys haal. Ander skrywers op die lys is die Brit Samantha Harvey, die Amerikaners Percival Everett en Rachel Kushner, die Kanadees Anne Michaels, en Charlotte Wood van Australië.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….