Nuus 15:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 16 September 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA kritiseer ActionSA se uittrede uit die Tshwane-koalisie
# ‘n Studie bevind die meerderheid SA onderwysers benodig krisisondersteuning te midde van stygende stresvlakke
# En, krieket: Die Proteas-vroue gereed om Pakistan te takel
# Die DA het ActionSA se besluit om die Tshwane-koalisie te verlaat veroordeel. ActionSA se leier, Herman Mashaba, het wanbestuur as rede aangehaal. Hy sê ActionSA sal nuwe koalisiegeleenthede ondersoek of ‘n opposisieparty word. Die DA-woordvoerder, Willie Aucamp noem die stap verraad en beskuldig Mashaba dat hy hom skaar by die teen-grondwetlike magte. Hy beweer hierdie besluit stel Tshwane se toekoms in gevaar:
# ‘n Studie deur die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie en die Noord-Wes Universiteit het aan die lig gebring duisende onderwysers wat ondervra is, benodig krisis-blitslyne, berading en mentorskapprogramme om die stres van in ‘n klaskamer wees te kan hanteer. Dit volg ná onthullings oor 18 uit 32 beddens wat gespanne onderwysers beset by ‘n Gautengse welstandsentrum. Die studie dui aan bykomende pligte en ‘n geestesgesondheidstryd dra verder by tot onderwyser-uitbranding, met 56-persent wat geestesgesondheidingryping vra.
# Die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, versoek munisipaliteite om gereed te maak vir die afsluiting binne die volgende twee weke van die tonnel van die Lesotho-Hoogland-waterskema. Instandhouding sal vanaf Oktober tot Maart aanstaande jaar duur. Volgens Majodina sal geen water van Lesotho na Suid-Afrika loop nie en dit is belangrik vir munisipaliteite om te verseker maatreëls vir watersekerheid word nagekom:
# China het ‘n Amerikaanse pastoor, David Lin, vrygelaat wat sedert 2006 in die tronk was. Die 68-jarige Lin is skuldig bevind aan kontrakbedrog. Volgens Washington is hy wederregtelik aangehou en vra Beijing al jare om hom vry te laat. Lin is met sy gesin in Texas herenig. China hou verskeie ander Amerikaanse burgers aan, insluitend sakeman, Kai Li, wat in 2016 van spioenasie aangekla is en Mark Swidan wat sedert 2012 in die tronk is weens dwelmsmokkelary.
# Krieket: Die Proteas-vroue takel Pakistan vandag in Multan, in die eerste van drie T20-wedstryde. Die reeks dien as belangrike voorbereiding vir volgende maand se T20 Wêreldbeker-toernooi in die Verenigde Arabiese Emirate, waar Suid-Afrika saam met die Wes-Indiese Eilande, Engeland, Skotland en Bangladesj in ‘n groep is. Kaptein Laura Wolvaardt sê hulle wil op alle gebiede verbeter:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-65-sent teen die dollar, 19-rand-63-sent teen die euro en 23-rand-29-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 58-duisend-790-dollar-54-sent. Die prys van goud is twee-duisend-580-dollar-42-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 71-dollar-79-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….