Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 16 September 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Twee Suid-Afrikaanse wildbewaarders, Petronel Nieuwoudt en Kerri Wolter, is benoem vir die 2025 Indianapolis-prys. Die toekenning word dikwels beskryf as die Nobelprys vir dierebewaring en gee erkenning aan hierdie bewaarders wêreldwyd se inspirerende werk en prestasies. Vier-en-veertig leiers in dierebewaring is benoem. Nieuwoudt is die stigter en uitvoerende hoof van Care for Wild Rhino Sanctuary, terwyl Wolter die stigter en bestuurder van VulPro is.
# Earth4All sê beter omgewingsbewaring is nodig om die planeet vir toekomstige geslagte te bewaar. ‘n Opname deur die Global Commons Alliance het bevind 85-persent van Suid-Afrikaners glo hoofbestuurders en senior amptenare in die regering moet vervolg word omdat hulle optrede goedgekeur het wat groot skade aan die omgewing veroorsaak het. Die navorsers het opnames onder 22-duisend deelnemers oor 22 lande gedoen, insluitend 18 G20-lande. Earth4All sê dringende optrede teen klimaatsverandering is nóú nodig om die natuur te bekerm.
# En, minstens sewe mense het in Oostenryk, Pole en Roemenië verdrink nadat die ergste reën in jare oor Sentraal- en Oos-Europa tot oorstromings gelei het. In die Tjeggiese Republiek word vier mense vermis nadat vloedwater 80-persent van die Silesiese stad Krnov oorstroom het. Rooi waarskuwings – die hoogste vorm van waak – is in dele van Pole, Duitsland, Tsjeggië, Oostenryk en Slowakye uitgeryk. Die Europese Unie het hulp aangebied aan lande wat deur die oorstromings getref is.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….