Nuus 12:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 16 September 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Ramaphosa sê die regering van nasionale eenheid is noodsaaklik vir die land
# Die Johannesburgse Aandelebeurs moedig beleggers aan om ‘n deel van R4,5-miljard onopgeisde dividende te bekom
# En, rugby: Pernas vervang Orlando in Argentinië se span teen die Springbokke
# President Cyril Ramaphosa sê hy is oortuig die regering van nasionale eenheid is noodsaaklik vir groei en ontwikkeling in die land. Hy het verlede week met die koalisie-leiers vergader. Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief ministers en adjunkministers maak vordering om die land se probleme op te los. Hy sê hulle erken dat die partye in die regering ‘n reeks politieke en ideologiese uitgangspunte verteenwoordig en voeg by verskille tussen die partye sal met tye meer sigbaar wees.
# Die Johannesburgse Aandelebeurs het sy beroep op Suid-Afrikaanse beleggers met onopgeëisde dividende, herhaal om na vore te kom. Die beurs het met ‘n nasionale vedltog begin om Suid-Afrikaners aan te moedig om aanspraak te maak op hulle deel van 4,5-miljard-rand se onopgeëisde dividende. Die Bemarkingsdirekteur van die beurs, Vuyo Lee, sê die inisiatief wil mense opvoed en help om hulle dividende op te eis:
# Die verdagte in gister se vermeende sluipmoordpoging op die Republikeinse presidentskandidaat, Donald Trump, is volgens berigte ʼn pro-Oekraïnse aktivis. Die Amerikaanse media het die verdagte geïdentifiseer as die 58-jarige Ryan Wesley Routh. Hy het volgens berigte probeer om buitelandse vegters te werf om by Oekraïne se oorlogspoging aan te sluit en was al in Kiev. Trump is nie beseer nie. Routh is naby die oudpresident opgemerk terwyl hy in Florida gholf speel en geheime agente het op Routh geskiet toe hy probeer vlug
# Rugby: Argentinië sal Saterdag in Santiago sonder sy ervare senter, Matías Orlando, moet klaarkom in die Rugbykampioenskap-kragmeting teen die Springbokke. Die 32-jarige speler, wat nog nie in vanjaar se kompetisie op die veld was nie, sukkel met ʼn spierbesering. Hoofafrigter Felipe Contepomi het die 21-jarige nuweling-vleuel, Santiago Pernas, as Orlando se plaasvervanger opgeroep. Pernas het skitterend vertoon in Super Rugby Americas en is aangewys as die seisoen se beste agterspeler in die liga.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-64-sent teen die dollar, 19-rand-62-sent teen die euro en 23-rand-25-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 58-duisend-948-dollar-41-sent. Die prys van goud is twee-duisend-585-dollar-1-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 72-dollar-18-sent per vat.
# Ten slotte: Die minister in die Presidensie vir Beplanning, Monitering en Evaluering, Maropene Ramokgopa, sê ‘n boek van medelye vir die gewese minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, sal dié week beskikbaar wees. Gordhan is Vrydag oorlede. Die woordvoerder vir die minister, Litha Mpondwana, sê die boek sal by die Departement van Openbare Ondernemings se kantoor in Pretoria beskikbaar wees tot Gordhan se begrafnis Donderdag:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….