Nuus 13:00
BULLETIN 15 September 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Vyf mense brand dood na ‘n padongeluk in Mpumalanga
# Denosa vra meer bronne om hospitaaltoestande te verbeter
# En, rugby: Die Haaie se afrigter is trots op hulle dramatiese Loftus-sege, maar is bekommerd oor die VRK-voorbereidings
# Vyf mense het vanoggend doodgebrand nadat hulle motor omgeslaan en in vlamme uitgebars het op die pad tussen Mgobobodzi en Madadeni in Mpumalanga. ‘n Sesde slagoffer is in ‘n bedenklike toestand in die hospitaal. Die woordvoerder van die provinsie se Departement van Gemeenskapsveiligheid, Sekerheid en Skakeling, Moeti Mmusi, sê die LUR Jackie Macie pleit by motoriste om versigtig te bestuur en beklemtoon verkeersreëls moet nagekom word om nog tragedies te voorkom:
# Die Demokratiese Verplegingorganisasie van Suid-Afrika vra meer bronne om te verseker hospitale funksioneer optimaal. Dit volg na onlangse kommer oor die Helen Joseph-hospitaal in Johannesburg, wat onvoldoende infrastruktuur en bronne uitgelig het. Simphiwe Gada van Denosa vra beter befondsing vir hospitaalbronne:
# Die LUR vir Onderwys in Gauteng Matome Chiloane het ouers sewe dae van môre af gegee om die plasings vir graad 1 en graad 8 af te handel. Chiloane sê plasings-aanbiedings sal uitgestuur word en raai ouers aan om die onderwysblad te raadpleeg as hulle nie ‘n boodskap kry nie. Hy sê die departement hanteer tans 325-duisend-858 voltooide registrasies:
# ‘n Grond-tot-grond-missiel is vroeg vanoggend uit Jemen afgevuur. Israel se weermag sê dit het ‘n onbewoonde gebied getref en niemand is gewond nie. Sirenes is in Tel Aviv en regoor die sentrale deel van Israel gehoor voor die missiel die grond getref het en het inwoners na veiligheid laat skarrel het. Na die sirenes is die missiel uitgeken wat uit die ooste na sentraal-Israel afgevuur is.
# En, rugby: Die afrigter van die Haaie John Plumtree is vol lof vir sy span nadat hulle gisteraand dramaties deurgedring het na die eindstryd van die Curriebeker. Die halfeindstryd teen die Bulle was na 100 minute se rugby gelykop 40-elk, maar die Durbaniete het die pyp gerook omdat hulle ses drieë gedruk het teen die vyf van die Bulle. Die Haaie speel in die eindstryd teen die Leeus op Ellispark, maar Plumtree erken dit kan hulle voorbereidings vir die Verenigde Rugby-kampioenskap die volgende week deurmekaarkrap. Hulle VRK-veldtog begin met drie oorsese kragmetings.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….