Nuus 09:00
BULLETIN 15 September 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Mashatile herstel na ineenstorting by viering in Limpopo
# Ramaphosa beveel SOE om Transnet te ondersoek, wat heraanstelling insluit van Siyabonga Gama
# Motorsport: Leclerc in voorste posisie in Azerbeidjan terwyl Norris na 16de plek terugsak
# Die Presidensie het bevestig adjunkpresident Paul Mashatile herstel nadat hy gister tydens die N’wamitwa Day-viering in Groter Tzaneen in Limpopo ineengestort het. Die premier van die provinsie Phophi Ramathuba verduidelik Mashatile het tydens sy toespraak lighoofdig gevoel weens die hitte. Die woordvoerder van die Presidensie, Keith Khoza, verseker die publiek daar is geen rede tot kommer nie:
# President Cyril Ramaphosa het ‘n proklamasie onderteken wat die Spesiale Ondersoek-eenheid die mag gee om ernstige wanbestuur by Transnet te ondersoek. Dit sluit in Siyabonga Gama se heraanstelling en verwante uitgawes. Die SOE sal ook kyk na ‘n sekerheidsdienskontrak met Abalozi Security. Daarby stel die eenheid ondersoek in na wanadministrasie in Gauteng se menslike nedersettings, en die Umzumbe- en Masilonyana-munisipaliteite. Die doel is om korrupsie, bedrog en sistemiese mislukkings te ontbloot en finansiële verliese vir die staat te herwin.
# Die sake-groepering Black Entrepreneur’s Alliance vra finansiële bystand vir ondernemings in swart besit. Die uitvoerende hoof Refilwe Monageng het op die SABC gesê toenemende afpersing in townships en landelike gebiede benadeel sake-eienaars. Monageng vra ook beleide wat swart ekonomiese bemagtiging bevorder, soos belasting-aansporings. Hy beklemtoon die belangrikheid van die samevoeging van tenders wat lei tot werkskepping:
# Moskou en Kiëf het gister elk 103 krygsgevangenes uitgeruil in ‘n ooreenkoms wat bemiddel is deur die Verenigde Arabiese Emirate. Dit het gebeur terwyl Rusland dieper in die ooste van Oekraïne indring. Die Russe wat vrygelaat is, is gevange geneem tydens Oekraïne se inval in die Kursk-streek. Van die Oekraïners is gevange gehou vandat Moskou in Mei 2022 beslag gelê het op die Azovstal-staalaanleg. Dit was die Emirate se agtste bemiddeling tussen die twee lande tydens die oorlog.
# En, motorsport: Charles Leclerc van Ferrari spring vir die vierde agtereenvolgende jaar heel voor weg in die Azerbeidjan Grand Prix in Baku. Lando Norris van McLaren het ‘n groot terugslag gehad toe hy in die eerste skof van die kwalifiserende rondes uitgeskakel is. Hy is vanmiddag in die 16de plek. Norris se titel-teenstander, Max Verstappen, kon slegs daarin slaag om die sesde vinnigste tyd vir Red Bull op te stel. Oscar Piastri van McLaren is in die tweede plek na Leclerc, met Carlos Sainz van Ferrari derde.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….