Nuus 09:00
BULLETIN 14 September 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa kondig ‘n Spesiale Amptelike Begrafnis vir Pravin Gordhan aan
# Eskom sluit aan by globale gemeenskap in rou oor Gordhan
# En, krieket: Bavuma reageer op bedenkinge oor eendagreeks teen Afghanistan
# President Cyril Ramaphosa het aangekondig die struggle-strydros en voormalige kabinetsminister Pravin Gordhan sal Donderdag op ‘n Spesiale Amptelike Begrafnis Kategorie 2 ter ruste gelê word. DIe 75-jarige Gordhan het gedien as minister van Finansies en van Staatsondernemings. Die woordvoerder van die Presidensie, Vincent Magwenya, sê die president het Gordhan geloof vir sy toewyding aan die bevryding van Suid-Afrika van apartheid:
Eskom betreur ook saam met die wêreldgemeenskap die afsterwe van Gordhan. Die voorsitter van Eskom se raad, Mteto Nyati, het innige meegevoel betuig en Gordhan se deurslaggewende bydraes en onwrikbare ondersteuning tydens sy ampstermyn beklemtoon. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die voormalige minister het ‘n deurslaggewende rol gespeel in Eskom se herbouing. Hervormings onder sy beheer het gelei tot die wettige skeiding van die nutsdiens in opwekkings-, transmissie- en verspreidingsentiteite:
# Die organisasie Women Affected by Mining United in Action het sistemiese geslagsgeweld in myngemeenskappe ontbloot. Hulle verslag, wat op 20 September vrygestel word, wys op skokkende geweldsvlakke in Gauteng, Noordwes, Limpopo en die Noord-Kaap. Die bevindinge lig ergstige kwessies uit, waaronder die hoë voorkoms van geweld in huishoudings en seksuele teistering. Die woordvoerder, Magnificent Mndebele, eis onmiddellike optrede teen hierdie verskanste kwessie en steun vir die vroue wat geraak word:
# Krieket: Temba Bavuma sê hy ondersteun die standpunt van die Suid-Afrikaanse Krieketspelersvereniging oor die omstrede reeks van die Proteas teen Afghanistan. Hy voel egter die besluit berus by die administrateurs. Die eerste eendagreeks tussen die twee lande begin aanstaande week maar daar was oproepe dat Krieket SA die besluit hersien, gegewe die menseregteskendings teen Afghaanse vroue sedert die Taliban weer in beheer is.
# En, China sal die statutêre aftree-ouderdom vanaf 1 Januarie 2025 verhoog, die eerste verandering sedert die 1950’s. Die aftree-ouderdom vir mans sal van 60 tot 63 styg, terwyl vroue se ouderdom van 50 tot 55 sal toeneem. Die verandering spreek China se verouderende arbeidsmag en dalende geboortesyfers aan, met verdere aanpassings aan pensioengeskiktheid wat teen 2030 beplan word. Die aankondiging het sedertdien ‘n wydverspreide openbare debat ontlok.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….