Nuus 07:00
BULLETIN 14 September 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Ramaphosa is vol vertroue oor die bestendigheid van die regering van nasionale eenheid
# COSATU is teleurgesteld oor die vertraging met die instelling van die BELA-wet
# En, sokker: Alle oë vandag op Kaizer Chiefs
# President Cyril Ramaphosa is vol vertroue oor die bestendigheid van die regering van nasionale eenheid en bevestig hulle sal plaaslike regeringskwessies doeltreffend aanspreek. Hy het onderneem om sy termyn te voltooi mits hy steeds die steun van die ANC het. Ramaphosa het tydens ‘n gesprek met die media gevra vir verskerpte pogings teen korrupsie, verbeterde dienslewering en ondersteuning van plaaslike ekonomiese ontwikkeling om ʼn ondersteunende omgewing vir belegging te skep:
# COSATU het met teleurstelling kennis geneem van president Cyril Ramaphosa se besluit om die implementering van twee klousules in die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette uit te stel ondanks die ondertekening daarvan. Die vakbondfederasie waardeer egter die President se tydsbeperking van drie maande waarin partye verder kan gesprek voer oor die twee klousules rondom skooltoelating en taalbeleid. Cosatu se woordvoerder, Zanele Sabela, sê die Wet se progressiewe doelwitte moet onveranderd bly, insluitend die Graad R-insluiting en versterkte skoolveiligheidsmaatreëls:
# Die DA eis antwoorde van die Departement van Menslike Nedersettings in Gauteng oor onverklaarbare vertragings om tydelike Covid-19-vraghouerhuise toe te ken. Die DA-woordvoerder vir Menslike Nedersettings in Gauteng, Mervyn Cirota, waarsku die vertraging van vier jaar het gelei tot onwettige besetting en vandalisme, terwyl gefrustreerde inwoners wag op waardige behuising:
# Meer as 30-duisend werkers by die vliegtuigvervaardiger Boeing gaan vir die eerste keer sedert die wêreldwye finansiële ineenstorting staak, wat verdere druk op die beleërde maatskappy plaas. Dit is die eerste keer sedert 2008 dat werkers staak. Werkers het verhogings van 25-persent oor vier jaar verwerp met vakbonde wat ‘n salarisverhoging van 40-persent gevra het. Die beplande staking is ‘n terugslag vir die nuwe uitvoerende hoof, Kelly Ortberg. Hy het minder as twee maande gelede oorgeneem ná ‘n veiligheidskrisis toe ‘n deur van ‘n Boeing-vliegtuig afgewaai het.
# En, sokker: Daar is groot afwagting vir die nuwe seisoen in die Premierliga, wat vandag begin. Royal AM is vanmiddag gashere vir Cape Town City in die Harry Gwala-stadion in Pietermaritzburg. Polokwane City speel later teen AmaZulu maar die fokus is op Kaizer Chiefs wat vandag sy veldtog in die Vrystaat-stadion afskop teen die Marumo Gallants, wat onlangs bevorder is. Kampioene Mamelodi Sundowns se eerste wedstryd is Dinsdagaand tuis teen SuperSport United.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….