Nuus 17:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 13 September 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die VF Plus verwelkom Ramaphosa se drie maande grasietydperk om die BELA-wet te bespreek
# RISE Mzansi ondersteun die BELA-wet as ‘n positiewe verwikkeling ten spyte van gebreke
#En, sokker: Kaizer Chiefs hoop die nuwe afrigter en spelers sal sy trofee-droogte beëindig
# Die Vryheidsfront Plus verwelkom president Cyril Ramaphosa se besluit om die implementering van die Wet op Basiese Onderwyswette vir drie maande uit te stel. Partyleier Pieter Groenewald sê daar is kommer oor taalregte en die gevolge van die wet op skooltoelating en bestuur. Hy beklemtoon hulle voornemens om die beraadslagingstydperk te gebruik om hierdie kwessies aan te spreek en die regte tot moedertaalonderrig te beskerm:
RISE Mzansi sê hoewel die wet nie perfek is nie, is dit ‘n voorwaartse stap. Die party ondersteun die bywerk van skoolregulasies maar is besorg oor boetes indien ʼn kind nie vir graad R ingeskryf word nie. Woordvoerder Gugu Ndima sê die party sal die implementering van die wet fyn dophou en hom beywer vir nog verbeterings, wat die behoeftes van leerders en onderwysers voorop stel:
# AZAPO sê die tweepotstelsel sal niks doen om die strukturele aard van die land se werkloosheid, lae lone en armoede aan te spreek nie. Dit sal net veroorsaak dat werkers in ‘n siklus van skuld bly. AZAPO-woordvoerder, Jabu Rakwena, sê Suid-Afrikaners het ‘n aanval op die werkende armes en middelklas gesien met stygende inflasie op belangrike huishoudelike bestedingsitems soos kos en brandstof of vervoer, teen min lone. Hy sê enige veranderings aan die aftreestelsel moet gekoppel word aan ‘n tasbare plan vir die herverdeling en groei van die ekonomie.
# ‘n Gewapende aanval het die lewe van ‘n tweede Ecuador-tronkdirekteur binne minder as twee weke geëis. Die direkteur van die land se grootste gevangenis, Maria Daniela Icaza, is gister vermoor, nege dae nadat die hoof van ‘n tronk in die Amasone-provinsie Sucumbios, Alex Guevara, ook in ‘n gewapende aanval gesterf het terwyl hy per motor gereis het. Ecuador se tronke is van die gevaarlikste ter wêreld, en dwelmbendes het baie van hulle oorgeneem.
# Sokker: Die Premierliga-seisoen begin môre met Kaizer Chiefs, wat hul veldtog op die Vrystaat-stadion begin teen die nuutgepromoveerde Marumo Gallants. Die Amakhosi is desperaat om ‘n trofee-droogte van byna tien jaar te beëindig. Die Tunisiese afrigter, Nasreddine Nabi, is nou aan boord en hy het kontrakte met ‘n paar nuwe spelers gesluit, soos die verdediger, Inacio Miguel. Die 28-jarige was voorheen by die Angolese span Petro de Luanda en hoop op ‘n suksesvolle PSL-seisoen:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-73-sent teen die dollar, 19-rand-69-sent teen die euro en 23-rand-32-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 57-duisend-788-dollar-77-sent. Die prys van goud is twee-duisend-576-dollar-39-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 72-dollar-89-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….