Nuus 16:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 13 September 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA berei voor vir ‘n hofsaak en verwerp Ramaphosa se dreigement om die omstrede BELA-klousules in te stel
# AfriForum is verheug oor die deurbraak met die BELA-wet
# En, die Olimpiese Spele: Sebastian Coe en Samaranch Junior is dalk te oud om mee te ding om die IOK-presidentskap
# Die DA sê hy berei voor vir ‘n hofsaak teen die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette, en betwis die grondwetlikheid van die aannemingsproses en die inhoud daarvan. Hy verwerp president Cyril Ramaphosa se dreigement om omstrede klousules wat verband hou met skooltaal en toelatingsbeleide in te stel indien geen ooreenkoms bereik word nie. Die party bly daartoe verbind om die wet deur alle beskikbare regsweë teen te staan. Die DA-leier, John Steenhuisen, voer aan dit maak inbreuk op grondwetlike regte en ondermyn die gees van konsensus in die regering van nasionale eenheid.
AfriForum, Solidariteit en die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum, SOS, verwelkom ondertussen hulle oorwinning in die stryd teen twee klousules in die wet. Ramaphosa het bekendgemaak Klousules 4 en 5, wat handel oor skooltoelating en taalbeleid, bly vir drie maande oop vir verdere bespreking voor dit geïmplementeer word. Alana Bailey van AfriForum sê dit is ‘n oorwinning vir Afrikaanse gemeenskappe:
# Die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth, het die kommissaris van die Werkloosheidsversekeringfonds, Tebogo Maruping, geskors. Die skorsing volg weens sy betrokkenheid by ‘n omstrede ooreenkoms van vyf-miljard-rand tussen die WVF en Thuja Holdings. Die transaksie is deur die Hooggeregshof in Pretoria en die Appèlhof ongeldig verklaar. Die minister sê die dissiplinêre proses het ten doel om die WVF se fokus op die verskaffing van verligting aan werklose werkers te herstel terwyl breër stelseluitdagings binne die departement ook aangespreek word.
# Olimpiese Spele: Die president van Wêreldatletiek Sebastian Coe en die visepresident van die Internasionale Olimpiese Komitee, Juan Antonio Samaranch Junior, se ideaal om die nuwe hoof van die IOK te word kan vergeefs wees. Die 67-jarige Coe en die 64-jarige Samaranch sal aan die einde van die eerste termyn van agt jaar te oud wees omdat die verkiesingsreëls 70 as die ouderdomsperk stel. Die nuwe president sal in Maart in antieke Olimpië in Griekeland verkies word as opvolger van Thomas Bach van Duitsland. Die lys kandidate wat verkiesbaar is, sal Maandag bekend gemaak word.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-77-sent teen die dollar, 19-rand-70-sent teen die euro en 23-rand-33-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 57-duisend-880-dollar-45-sent. Die prys van goud is twee-duisend-567-dollar-46-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 72-dollar-59-sent per vat.
# Ten slotte: President Cyril Ramaphosa sê die Wet op Basiese Onderwyswette beliggaam die visie van wyle minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, en weerspieël sy verbintenis tot ʼn billike en regverdige samelewing. Ramaphosa het tydens die ondertekeningseremonie by die Uniegebou in Pretoria gesê die ondertekening van die wet onderskryf Gordhan se toewyding om opvoedkundige gelykheid en toegang te verbeter, en is ʼn voortsetting van sy blywende nalatenskap van regverdigheid en geleenthede vir alle Suid-Afrikaners:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….