Nuus 18:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 12 September 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA-leier waarsku oor ‘n moontlike onttrekking uit die regering as ekonomiese of grondwetlike bedreigings voortduur
# Amerika steun twee permanente setels vir Afrika op die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad
# En, krieket: KSA omskep ‘n verlies van 538-miljoen-rand in ‘n wins van 815-miljoen-rand
# Die DA dreig om die regering van nasionale eenheid te verlaat as ekonomiese of grondwetlike bedreigings voortduur. Die party waarsku hy kan hom onttrek as die regering nie aandag gee aan ekonomiese uitdagings of grondwetlike regte nie. Die party-leier, John Steenhuisen, het aan die Kaapstadse Persklub gesê die gesondheidsorgstelsel kan potensieel langdurige skade opdoen as gevolg van sommige aspekte van die Nasionale Gesondheidsversekering:
President Cyril Ramaphosa het intussen die noodsaaklikheid van die ontwikkeling van openbare infrastruktuur beklemtoon om dienslewering en ekonomiese groei aan te vuur. Hy het aan die Nasionale Raad van Provinsies planne bekendgemaak om belegging in infrastruktuur te vergroot en sê vertragings en onvoltooide projekte benadeel gemeenskappe. Ramaphosa het ook verwys na die Wet op Infrastruktuurontwikkeling van 2019 as ‘n nuttige werktuig om die nasionale infrastruktuurplan vir 2050 te rig:
# Amerika sal sy steun aankondig vir twee permanente setels vir Afrika op die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad, en ‘n roterende setel vir klein ontwikkelende eiland-nasies. Dit volg op oproepe vir die hervorming van die raad en die verbetering van betrekkinge met Afrika en Stille Oseaanlande. Amerika se ambassadeur by die VN, Linda Thomas-Greenfield, sê terwyl Washington die uitbreiding van lidmaatskap voorstaan, is hy gekant teen meer veto-regte. Die VN se sekretaris-generaal, Antonio Guterres, vra ook die hervorming van die Veiligheidsraad om sy regmatigheid en doeltreffendheid te verbeter.
# Krieket: Die uiters suksesvolle SA20 het Krieket Suid-Afrika gehelp om ‘n wins van 815-miljoen-rand te maak in die 2023/24-boekjaar. Slegs dié toernooi het KSA se geldkoffers met 54-miljoen-rand gevul. KSA het ook baat gevind by twee toetse, drie eendagwedstryde en drie T20’s teen Indië in Desember en Januarie. Die goeie nuus volg op algehele verliese van 538-miljoen-rand in die vorige drie jaar. ESPN-Cric-info berig die ommeswaai was hoofsaaklik te danke aan verhoogde inkomste uit uitsaairegte, wat 54-persent van KSA se inkomste uitmaak.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-88-sent teen die dollar, 19-rand-74-sent teen die euro en 23-rand-37-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 57-duisend-942-dollar-96-sent. Die prys van goud is twee-duisend-543-dollar-77-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 71-dollar-71-sent per vat.
# En ten slotte: ʼn Amerikaanse ultra-langafstandfietsryer het ʼn nuwe rekord opgestel vir die vrou wat die vinnigste per fiets rondom die wêreld gery het. Dit het Lael Wilcox 108 dae, 12-uur-12-minute geneem om 29-duisend-169 kilometer af te lê. Die 38-jarige Wilcox van Alaska was 14-uur per dag op haar fiets. Dit sal nou bevestig word vir insluiting in die Guinness Book of World Records. Sy het op 28 Mei in Chicaco weggespring en deur 21 lande op vier vastelande gery voor sy na die Amerikaanse stad teruggekeer het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….