Nuus 07:00
BULLETIN 12 September 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Nersa gaan die Appèlhof nader oor die elektrisiteitstarief
# Suid-Afrika kan teen Oktober volgende jaar van die gryslys af wees
# En Biden is woedend oor die moord op ‘n Amerikaner in die Wesoewer
# Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika sê hy gaan die Appèlhof nader oor die beslissing dat die metode waarvolgens die styging in elektrisiteitstariewe bepaal word, onwettig is. AfriForum het die saak aanvanklik by die Gautengse Hooggeregshof in Pretoria ingedien wat bevind het die tariefverhogings is nie gebaseer op koste-van-voorraad-studies soos die wet vereis nie. Nersa se uitvoerende hoof, Nomalanga Sithole, sê hulle glo die hof se besluit hou ernstige gevolge in vir die bedryf as geheel.
AfriForum sê intussen hy is nog nie amptelik deur NERSA in kennis gestel oor sy klaarblyklike plan om te appelleer teen die uitspraak nie. NERSA se appèlaansoek is in Augustus van die hand gewys. Morné Mostert van AfriForum veroordeel NERSA se benadering en moedig verbruikers aan om onwettige tariefverhogings uit te daag:
# Suid-Afrika moet teen Februarie 2025 die 22 geïdentifiseerde kwessies aanspreek om teen Oktober 2025 van die Finansiële Taakmag se gryslys af te kom. ‘n Amptenaar van die Nasionale Tesourie, Ismail Momoniat, sê die land het agt kwessies afgehandel en hoop om voor Februarie 2025 die ander te hanteer. Momoniat het aan Engineering News ‘n plaaslike besoek in Mei bevestig, en ‘n volle sitting sal in Junie besluit of Suid-Afrika van die lys verwyder kan word. As daar nie voldoen word aan die vereistes nie, kan dit lei tot reputasieskade en verhoogde bankkoste.
# Eskom sê die balju van die hof het suksesvol beslag gelê op die Emfuleni-munisipaliteit se vier bankrekeninge om seker te maak geld wat vir elektrisiteit ingevorder word, word regstreeks aan die kragverskaffer oorbetaal. Die munisipaliteit het Eskom op 31 Augustus meer as agt-miljard-rand vir massa-elektrisiteit geskuld wat Emfuleni een van drie munisipaliteite maak wat die meeste skuld. Eskom-woordvoerder, Daphne Mokwena, sê Emfuleni het versuim om die vereistes van die Nasionale Tesourie se skuldverligtingsprogram na te kom:
# Amerika se president Joe Biden sê hy is woedend en hartseer oor die dood van die Turks-Amerikaner, Ayşenur Ezgi Eygi. Sy is tydens ‘n betoging in die Wesoewer dood. Die Israelse weermag het verantwoordelikheid aanvaar vir Eygi se dood. Biden sê ʼn voorlopige ondersoek dui daarop dat haar dood die gevolg was van ʼn tragiese fout nadat ʼn situasie onnodig vererger is. Hy sê die Amerikaanse regering het volle toegang tot Israel se voorlopige ondersoek en voeg by daar moet aanspreeklikheid wees.
# Gholf: Die Suid-Afrikaner Daniel van Tonder en Malcolm Mitchell slaan vandag saam af in die Ubunye-kampioenskap by Silver Lakes Gholf en Wildlandgoed in Pretoria. Sonskyntoer-beroepspelers ding by hierdie toernooi mee in spanformaat. Van Tonder het net in Augustus twee oorwinnings op die Sonskyn-toer behaal. Die jong ster, Yurav Premlall met Ryan van Velzen as sy spanmaat, sê sy selfvertroue het ʼn hupstoot gekry nadat hy tydens albei Van Tonder se seges, tweede plek behaal het:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-92-sent teen die dollar, 19-rand-73-sent teen die euro en 23-rand-34-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 57-duisend-972-dollar-72-sent. Die prys van goud is twee-duisend-512-dollar-30-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 70-dollar-76-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….