Nuus 06:00
BULLETIN 12 September 6 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa onderneem om die minister van Justisie se verslag deeglik te hersien
# Die ACDP sê Ramaphosa moet die Bela-wetsontwerp terugstuur Parlement toe
# En die aandele in Trump se maatskappy daal ná die presidensiële debat
# President Cyril Ramaphosa het onderneem om ‘n verslag van die minister van Justisie, Thembi Simelane, deeglik te oorweeg terwyl sy onder die soeklig is oor die VBS-bankskandaal. Simelane het na bewering ‘n verdagte lening gekry toe sy die burgemeester van Polokwane was. Die woordvoerder van die Presidensie, Vincent Magwenya, sê die president is verbind tot die hoogste vlakke van integriteit binne die nasionale bestuur en sal al die feite oorweeg voor enige besluit geneem word:
# Die ACDP sê hy is bekommerd oor president Cyril Ramaphosa se voorneme om die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette te onderteken ten spyte van wydverspreide openbare beswaar. Die Bela-wetsontwerp verplig kinders onder meer om van graad R af skool by te woon en vervolg ouers wat nie hieraan voldoen nie. Keeno Petersen van die ACDP sê hulle verwerp die wetsontwerp in sy huidige vorm as gevolg van die bepalings wat ‘n uitwerking het op tuisonderrig, leerlingswangerskap en die bevoegdhede van skoolbeheerliggame:
# Die ANC in Limpopo het sy oproep herhaal vir regstappe teen diegene wat by die VBS Mutual Bank-ineenstorting betrokke was. Dit volg te midde van debatte oor die minister van Justisie se beweerde indirekte voordele van die bank. Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, sê die party wag op Ramaphosa se besluit. Simelane sal voor die ANC se komitee van oudstryders verskyn, met haar toekoms wat na verwagting op 28 September tydens ‘n spesiale NUK-vergadering bespreek sal word. Die ANC in Limpopo het ook die oplewing van VBS Mutual Bank gesteun.
# Die prokureur van die 21-jarige man wat aangekla word van moord op die Sandton-onderwyseres, Kirsten Kluyts, verlede jaar, gaan sy saak na die Hooggeregshof neem. Dit volg nadat die Alexandra-landdroshof Bafana Mahungela se borgtogaansoek geweier het. Hy is aangekla van ontvoering, roof met verswarende omstandighede, moord, poging tot verkragting en regsverydeling. Kluyts se lewelose liggaam is by die George Lea-park in Sandton gevind. Mahungela se prokureur, Itumeleng Masako, sê regverdigheid moet seëvier:
# Dit wil voorkom asof Kamala Harris die eerste debat teen Donald Trump gewen het met aandele in sy maatskappy, Trump Media and Technology Group, wat ure na die eerste regstreekse ontmoeting met 14-persent teruggesak het. Weddenskappe het verbeter vir die Demokratiese kandidaat om in November se verkiesing te seëvier nadat sy Trump gereeld ontsenu het met aanvalle oor sy geskiktheid om president te wees, sy ondersteuning vir beperkings op aborsie en sy regsprobleme. Reuters berig die aandeelprys het met bykans 60-persent gedaal sedert Harris se benoeming in Julie.
# Krieket: Engeland se toetskaptein, Ben Stokes, gaan aanstaande naweek met sy span toer nadat ‘n geskeurde dyspier hom met die onlangse reeks teen Sri Lanka op die kantlyn gehou het. Hy werk steeds aan sy herstel saam met Zak Crawley wat in Julie ʼn vinger gekraak het. Agt spelers is oor van die groep wat Pakistan in 2022 met drie-nul verslaan het. Die twee spanne speel vanaf 7 Oktober in drie toetse teen mekaar. Stokes is ook verbind tot M-I Cape Town in aanstaande jaar se derde uitgawe van die SA20.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-89-sent teen die dollar, 19-rand-71-sent teen die euro en 23-rand-34-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 57-duisend-393-dollar-3-sent. Die prys van goud is twee-duisend-512-dollar-17-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 70-dollar-69-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….