Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 11 September 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die Nasionale Vervolgingsgesag verwelkom die 20-jaar vonnisse vir die stroping van twee bedreigde swartrenosters in die Groot Visrivier-natuurreservaat in die Oos-Kaap. Die Hooggeregshof in Makhanda het Arthus Machava en Disco Mahlaule skuldig bevind op verskeie aanklagte, insluitend die diefstal van renosterhorings en die besit van ongelisensieerde vuurwapens. Die NVG se streekswoordvoerder, Luxolo Tyali, sê die twee was deel van ‘n stropersindikaat wat bedreigde wild teiken:
# Die Suider-Afrikaanse Stigting vir die Bewaring van Kusvoëls sê hy is bekommerd oor die kolonie Afrika-pikkewyne op St Croix-eiland in die Oos-Kaap na ‘n oliestorting in Algoabaai. Die Suid-Afrikaanse Maritieme Veiligheidsowerheid ondersoek die storting wat vermoedelik van die vragskip, MSC Apollo, kom. Die stigting sê die storting kan ook ander seevoëls soos witmalgasse en kormorante raak.
# En die DA in die Noord-Kaap sê die Gekombineerde Skool Warrenvale is die jongste ongeval in Magareng se voortslepende rioolkrisis. In Junie is ‘n storting naby die skool opgemerk en by die munisipaliteit aangemeld. ʼn DA-woordvoerder, Deidre Watson, sê ʼn stank hang oor die skool en omliggende huise, wat die groter Warrenton-gemeenskap aan gevaarlike bakterieë en besoedeling blootstel:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….