Nuus 16:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 10 September 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Suid-Afrika wil ‘n konferensie aanbied oor die konflik in die Midde-Ooste
# Die GOOD-party verwelkom die ooreenkoms vir ‘n debat oor die Wes-Kaapse onderwysposte-besnoeiings
# En, tennis: Die Davisbekerkompetisie hervat dié week
# Suid-Afrika wil ‘n konferensie aanbied oor die konflik in die Midde-Ooste. Die mikpunt is om geleerdes en kenners byeen te bring om oplossings vir die konflik te vind. Mense soos die gewese president van die Internasionale Strafhof, Chile Eboe-Osuji, en die voormalige Palestynse eerste minister, Salaam Fayyad, sal teenwoordig wees. Die fokus sal wees op vryheid, waardigheid en die toekoms van die Palestyne en Israeli’s. Dit volg nadat Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, waarborge geëis het teen Hamas se gebruik van Gaza se grensgebied vir ʼn skietstilstand.
# Die GOOD-party in die Wes-Kaap sê die provinsiale wetgewer se speaker het ingestem tot sy dringende versoek om ‘n debat te skeduleer oor die Onderwysdepartement se besluit om twee-duisend-407 onderwysposte te sny. Brett Herron van die party sê die debat is geskeduleer om Donderdag tydens die volgende sitting plaas te vind, as ‘n saak van openbare belang:
# Die vakbondfederasie Saftu het die hoë inkomste van banke se uitvoerende hoofde veroordeel. Die woordvoerder, Mogoshadi Maserumule, sê onlangse syfers het getoon die vergoeding van bestuurslui van die land se vier groot banke beloop miljoene. Sy sê in die 2023-boekjaar het Investec se uitvoerende hoof, Fani Titi, 175-miljoen-rand per jaar verdien, of 475-duisend-452-rand per dag, wat ‘n gemiddelde werker se jaarlikse salaris is:
# Die voormalige kêrel van die Ugandese Olimpiese atleet Rebecca Cheptegei, wat dood is nadat hy haar aan die brand gesteek het, is in die hospitaal dood aan brandwonde wat hy in die aanval opgedoen het. Dickson Ndiema het die marathon-atleet tydens ‘n lokval oorval, petrol oor haar gegooi en haar aan die brand gesteek. Die twee het gestry oor ‘n stukkie grond in die noordweste van Kenia waar Cheptegei gewoon en geoefen het. Sy is Donderdag dood aan 80-persent brandwonde.
# Tennis: Davisbeker-aksie hervat dié week met groot name soos Carlos Alcaraz van Spanje, Novak Djokovic van Serwië en Jack Draper van Brittanje wat vir hulle onderskeie lande speel in die spankompetisie vir mans. Jannik Sinner gaan Italië nie verteenwoordig nie nadat hy die Amerikaanse Ope gewen het. Die groepfase word in Bologna in Italië, Valencia in Spanje, Zhuhai in China en Manchester in Engeland afgehandel. Die twee boonste spanne in elkeen van die vier groepe kwalifiseer vir die kwarteindronde in November.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-89-sent teen die dollar, 19-rand-74-sent teen die euro en 23-rand-42-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 57-duisend-316-dollar-25-sent. Die prys van goud is twee-duisend-506-dollar-34-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 70-dollar-84-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….