Goeie Nuus
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 10 September
Goeiemiddag. Hier is jou Goeie Nuus:
# Disney Africa en Sunshine Cinema vier The Lion King se 30ste verjaarsdag met sonkrag-gemeenskapsvertonings in Zoeloe. Die ikoniese fliek sal in Kaapstad, Durban, die Oos-Kaap, Mpumalanga en Gauteng te sien wees. Die program wil storievertel, inklusiwiteit en maatskaplike verandering bevorder. Disney se doel is ook om ‘n Suid-Afrikaansee gehoor voor te berei vir die vrystelling van Mufasa: The Lion King, wat die verhaal vertel wat The Lion King voorafgaan. Die fliek begin op 20 Desember in flieks draai.
# Die musiekstudent en bekende tradisionele Gwijo-sanger van die Universiteit van Fort Hare, Vuyisani Sholo, is vir twee Suid-Afrikaanse Tradisionele Musiektoekennings benoem. Hy is in die liedjie van die jaar-kategorie en as beste Xhosa-kunstenaar benoem vir sy liedjie, Andina Blesser Mna. Sholo sê hy hoop om ʼn rolmodel vir ander kunstenaars te wees en te wys hoe belangrik dit is om tradisie te bewaar en vernuwing aan te gryp.
# Morgan Wallen het die meeste benoemings vir Country-musiektoekennings ontvang – altesaam sewe – insluitend dié van Sanger van die Jaar. Kelsea Ballerini, Ashley McBryde, en Kacey Musgraves is sommige van die benoemdes vir Sangeres van die Jaar. Kunstenaars wat die lys vir Album van die Jaar gehaal het, sluit in Kacey Musgrave se Deeper Well, Chris Stapleton vir Higher, and Jelly Roll vir Whitsitt Chapel. Beyoncé is oorgesien, ondanks een van haar grootste country-treffers van die jaar, Texas Hold’em. Die wenners word in November aangewys.
# Die WorldSkills-span van Suid-Afrika gaan die land in Lyon, Frankryk, verteenwoordig op die 47ste Internasionale WorldSkills-kompetisie. Die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding ondersteun die geleentheid, waaraan meer as een-duisend-500 deelnemers uit 65 lande sal deelneem en 61 wêreldwye beroepsvaardighede ten toon sal stel. Die projek bevorder ambagsloopbane en sal aandag gee aan Suid-Afrika se kritieke tekort aan geskoolde ambagslui.
# En ten slotte: Die organisasie sonder winsbejag, Outside the Bowl Africa, het dié week sy veldtog vir ‘n miljoen maaltye in vyf dae afgeskop. Die ambisieuse veldtog is gemik op die verskaffing van ‘n miljoen voedsame maaltye oor vyf dae in arm gebiede in Suid-Afrika. Die uitvoerende hoof van die organisasie, Mark Maingard, sê die veldtog mik na die insameling van 2,5-miljoen-rand om die koste van die bestanddele, voorbereiding en verspreiding te dek:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….