Nuus 13:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 10 September 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Alexforbes verwerk 400-miljoen-rand se aansoeke in die eerste week van die tweepot-aftreestelsel
# Cosatu en Samwu wil hê die Konstitusionele Hof moet beslis oor die Wysigingswet op Munisipale Stelsels
# En, tennis: Jannik Sinner sê nuwe kampioene is goed vir die spel na die era van die Drie Grotes
# Suid-Afrika se grootste aftreefonds-adminstrateur, Alexforbes, het in die eerste week van die tweepot-aftreestelsels 400-miljoen-rand se onttrekkings verwerk. Die stelsel laat mense toe om tot tien-persent van hulle aftreespaargeld te onttrek. Die stelsel het oorweldigende belangstelling ontlok met Alexforbes se platform wat meer as 560-duisend interaksies hanteer het. Die maatskappy en andere, soos Ou Mutual en Sanlam, doen ‘n beroep op mense om fondse slegs vir noodgevalle te onttrek en benadruk die belangrikheid om aftreespaargeld te bewaar.
# Die vakbondfederasie Cosatu en die munisipale werkersvakbond Samwu vertrou die Konstitusionele Hof sal die ongrondwetlikheid van die Wysigingswet op Munisipale Stelsels bevestig wanneer hy die saak vandag aanhoor. Cosatu se woordvoerder, Zanele Sabela, sê die Arbeidshof het in November verlede jaar ten gunste van Samwu beslis toe hy bevind het die verbod op munisipale werkers om ook poste in politieke partye te beklee, is ongrondwetlik. Sabela sê die regering moes in dié saak die koste dra:
# Die Europese Unie sal twee toelaes van altesaam 628-miljoen-rand beskikbaar stel om die volhoubare ontwikkeling van groen waterstof-waardekettings in Suid-Afrika te ondersteun. Dit is bykomend tot die EU se Billike Energie-oordrag-vennootskap met die land. Die EU se energiekommissaris, Kadri Simson, sê die befondsing toon die groepering se Global Gateway-strategie in aksie waar dit slim, skoon en veilige verbindings in die energie- en die vervoersektor bevorder:
# Tennis: ‘n Nuwe era is vanjaar ingelui nadat die Drie Grotes die eerste keer in 22 jaar nie een van die vier Grand Slam-toernooie kon wen nie. Rafael Nadal van Spanje, Roger Federer van Switserland of Novak Djokovic van Serwië het sedert 2002 elke jaar minstens een van die titels opgeraap. Vanjaar het die jonger geslag, Jannik Sinner van Italië en die Spanjaard Carlos Alcaraz, elkeen twee titels gebuit. Sinner, wat die Amerikaanse Ope gewen het, glo nuwe kampioene is goed vir tennis.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-93-sent teen die dollar, 19-rand-79-sent teen die euro en 23-rand-45-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 57-duisend-31-dollar-13-sent. Die prys van goud is twee-duisend-500-dollar-78-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 70-dollar-81-sent per vat.
# En ten slotte: Disney Africa en Sunshine Cinema vier The Lion King se 30ste verjaardag met sonkrag-gemeenskapsvertonings in Zoeloe. Die ikoniese fliek sal in Kaapstad, Durban, die Oos-Kaap, Mpumalanga en Gauteng te sien wees. Die program wil storievertel, inklusiwiteit en maatskaplike verandering bevorder. Disney se doel is ook om ʼn Suid-Afrikaansee gehoor voor te berei vir die vrystelling van Mufasa: The Lion King, wat die verhaal vertel wat The Lion King voorafgaan. Die fliek begin op 20 Desember in flieks draai.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….