Nuus 16:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 9 September 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Tien MK-partylede verloor hul hofaansoek oor hulle verwydering as LP’s
# Die ANC beplan om ‘n meerderheid te verkry in die komende verkiesing
# En, krieket: Rob Walter wil diepte bou in Protea-groepe in die reeks teen Afganistan en Ierland
# Tien lede van die MK-party het hulle hofaansoek verloor om hulle verwydering as parlementslede om te keer. Die groep is ontslaan deur die party gelei deur Jacob Zuma, en wou heraangestel word in hulle parlementêre posisies en keer dat dié wat hulle vervang het, ingehuldig word. Hulle het ook gevra om MK-LP’s te bly totdat hulle lidmaatskap wetlik beëinding is. Die party het betoog die afdankings het gevolg op ‘n ontdekking dat die lede verkeerd aangedui is as LP-kandidate in die algemene verkiesing in Mei.
# Die ANC werk aan die konsolidering van verslae van verskeie plaaslike regeringstrukture om uitdagings te pak en ‘n strategie te ontwerp vir die komende verkiesing. Die party se nasionale werkskomitee skakel met lede op voetsoolvlak in die Birchwood-hotel in Ekurhuleni, om die kwessies op grondvlak te begryp en sy verkiesingstrategie te versterk. Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het aan die media gesê die doel is om ‘n meerderheid te behou deur sleutelkwessies aan te pak en koördinering met plaaslike strukture te verbeter:
# Die Verenigde Nasies se Menseregtehoof waarsku die wêreld moet van rigting verander om ‘n toekoms te vermy gevul met toenemende militêre optrede, onderdrukking, dieperwortelde ongelykheid en onbeteuelde klimaatsverandering. Volker Turk het ‘n sitting van die VN se Menseregteraad in Genève geopen en beklemtoon die wêreld staan voor ‘n vurk in die pad. Hy sê die wêreld kan voortgaan op die huidige pad en ‘n slaapwandelaar word na ‘n distopiese toekoms, of wakker skrik en sake deur ‘n ommekeer verbeter, vir die mensdom en die planeet.
# Krieket: Die Proteas se witbalafrigter, Rob Walter, het sy groepe aangekondig vir eendag-internasionale wedstryde teen Afganistan en ‘n witbaltoer teen Ierland, wat albei in die Verenigde Arabiese Emirate gespeel word. Temba Bavuma is die eendagkaptein en Aiden Markram neem die leiding in die T20’s. Die eerste eendagwedstryd teen Afhanistan word die 18de van die maand in Sharjah gespeel, en die reeks teen Ierland begin die 27ste. Walter sê hy bou diepte in die groepe:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-76-sent teen die dollar, 19-rand-89-sent teen die euro en 23-rand-42-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 55-duisend-190-dollar-89-sent. Die prys van goud is twee-duisend-499-dollar-55-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 71-dollar-72-sent per vat.
# En ten slotte: Die gaping in gesondheidsorg in Suid-Afrika duur voort met 85-persent van die bevolking wat staat maak op ‘n oorspanne openbare stelsel terwyl 15-persent privaat mediese dekking het. Kenners het op die Konferensie van die Hospitaalvereniging van Suid-Afrika saamgestem ʼn algehele hersiening is nodig, insluitend verpligte lidmaatskap van ʼn mediese skema vir formele werknemers en sterker openbare-private vennootskappe. Uitdagings soos ontoereikende niersorg en mislukte vennootskappe vir kankerbehandeling is ook beklemtoon. Afgevaardigdes het dringende en gekoördineerde pogings voorgestel om toegang tot gesondheidsorg en gelykheid te verbeter.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….