Nuus 09:00
BULLETIN 9 September 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Nuwe Ontwikkelingsbank kanselleer sy lening aan Eskom vir sy Medupi-projek
# Minister Macpherson gaan twee Chinese maatskappye nooi om te help om Suid-Afrika in ‘n bouterrein te omskep
# En, die ma van die verdagte in die Georgia-skietery het die skool vóór aanval gebel
# Die Nuwe Ontwikkelingsbank het Eskom se lening van nagenoeg 8,5-miljard rand vir die verlaging van swaeldioksiedvlakke by die Medupi-kragstasie in Limpopo gekanselleer. Die lening is in Maart 2019 goedgekeur vir die finansiering van tegnologie vir die verwydering van swael uit die aanleg se rookgas. Die bank se prosesse behels dat geld aan ander beleggings hertoegewys moet word indien die projek tot stilstand kom. Eskom het aan News24 gesê die aansoek vir die kapitaaluitgawe, interne besprekings, omsigtigheidsondersoeke en goedkeurings het langer geneem as wat verwag is.
# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, beplan om die Chinese maatskappye, Communications Construction Company and ASI Global, te vra om te help om Suid-Afrika in ’n bouterrein te omskep. Volgens Macpherson volg dit op die ondertekening van twee verklarings van voorneme met albei maatskappye gedurende ‘n amptelike besoek aan China deur president Cyril Ramaphosa:
# ʼn Ondersoek is van stapel gestuur nadat ʼn brand gisteraand by die Departement van Korrektiewe Dienste se hoofkantoor in Tshwane uitgebreek het. Die brand was op die sesde vloer van die Poyntons-gebou. Die departement se woordvoerder, Singabakho Nxumalo, sê die Stad Tshwane se nooddiens het vinnig gereageer en die brand is geblus:
# Die ma van die 14-jarige seun wat aangekla word van die moord op vier mense by die Apalachee-hoërskool in Georgia, het volgens berigte die skool vóór die aanval gewaarsku oor ‘n uiterste noodgeval. Colt Gray het twee leerders en twee onderwysers doodgeskiet en nege gewond. Sy pa, Colin Gray, word van tweedegraadse moord aangekla omdat hy die AR-15-tipe geweer aan Colin voorsien het. Die Washington Post berig Colin se ma, Marcee Gray, het die oggend personeel by die skool gebel om haar seun dop te hou nadat hy vir haar in ‘n boodskap gesê het hy is jammer.
# Rugby: Die Franse Top 14-klub, Racing 92 het bevestig hy het met die Springbokkaptein, Siya Kolisi, ooreengekom om die klub te verlaat, hoewel daar nog twee jaar van sy kontrak oor is. Die 33-jarige het verlede Januarie van die Sharks na Racing oorgeskuif. Hy het die vorige seisoen slegs 18 keer vir die Franse klub uitgedraf en een drie gedruk. Kolisi sal waarskynlik weer by die Sharks aansluit. Racing het die Top 14-seisoen Saterdag met ‘n nederlaag van 31-28 teen Castres afgeskop.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-82-sent teen die dollar, 19-rand-75-sent teen die euro en 23-rand-40-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 54-duisend-897-dollar-54-sent. Die prys van goud is twee-duisend-498-dollar-61-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 71-dollar-88-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….