Nuus 08:00
BULLETIN 9 September 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# BUSA sê Suid-Afrika moet streef om ‘n hoë-inkomste-ekonomie te word
# Giwusa veroordeel toenemende voorvalle van afpersing
# En, minstens 48 sterf in ontploffing in Nigerië
# Business Unity South Africa sê die land moet daarna streef om ‘n hoë-inkomste-ekonomie te word. Die uitvoerende hoof, Cas Coovadia, sê om dit te bereik moet die makro-ekonomiese groeibeleid en strategie heroorweeg word, en meer gefokus word op die staat se vermoë om ekonomiese groeibeleid in te stel. Hy sê die regering moet voortgaan om klem te plaas op ekonomiese herstel en institusionele mandate hersien wat groei en indiensneming belemmer.
# Die General Industries Workers Union of South Africa, Giwusa, het die toenemende vlaag afpersingsgevalle in die land sterk veroordeel. Drie-en-sewentig-persent van al die afpersingsgevalle kom in vier provinsies voor, naamlik KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap, Gauteng en die Wes-Kaap. Giwusa se president, Mametlwe Sebei, sê hulle eis deurslaggewende maatreëls in die stryd teen afpersing voor dit buite beheer raak:
# De Departement van Gesondheid in Gauteng ondersoek ʼn video wat op sosiale media geplaas is deur ʼn pasiënt genaamd Tom London, wat verskeie bewerings oor die Helen Joseph-hospitaal in Johannesburg maak. Die woordvoerder van die departement, Motalatale Modiba, sê hoewel die saak ondersoek word het die departement nege maande gelede ʼn provinsiale veldtog begin met die slagspreuk, “Ek Dien met ‘n Glimlag”, wat daarop gemik is om die houding van personeel en pasiënte se ervaring te verbeter:
# Minstens 48 mense in Nigerië is dood in ʼn ontploffing toe ʼn brandstofwa teen ʼn ander vragmotor gebots het. Die brandstofwa het ook beeste vervoer in die Agaie-gebied in die noord-sentrale Niger-staat. Die Niger-staat se noodbestuursagentskap sê soek-en-reddingsoperasies is steeds op die toneel. Noodlottige vragmotorongelukke vind gereeld in Nigerië plaas omdat daar nie ʼn doeltreffende spoorstelsel is om vrag te vervoer nie. In 2020 het een-duisend-531 brandstofwa-botsings plaasgevind wat 535 sterftes veroorsaak het terwyl een-duisend-142 mense beseer is.
# Tennis: Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, het sy eerste Amerikaanse Ope gewen en die eerste Italiaanse man geword wat die enkelspel-titel op Flushing Meadows buit. Hy het die Amerikaner, Taylor Fritz, met 6-3, 6-4, 7-5 verslaan. Die 23-jarige Sinner het sy eerste groot major in Januarie by die Australiese Ope gewen, en is ook die eerste man in 47 jaar wat twee Grand Slam-titels in dieselfde seisoen opraap. Sinner sê hy kan nie die twee majors wat hy gewen het met mekaar vergelyk nie:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-83-sent teen die dollar, 19-rand-77-sent teen die euro en 23-rand-43-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 54-duisend-974-dollar-48-sent. Die prys van goud is twee-duisend-497-dollar-95-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 71-dollar-94-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….